VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

Top Gear-waaghalstoertjie in SA – internasionale gehoor hou asem op

Die gewilde TV-program Top Gear is bekend vir waaghalsige motor-toertjies. En die toertjie wat die span onlangs in Suid-Afrika gedoen het, het gesorg dat kykers wêreldwyd die asem ophou.

Die misterieuse drywer, net bekend as The Stig, het in Junie tydens die Top Gear-fees in Durban gerekspring. Maar dit was nie sommer enige reksprong nie. Die verskil? Hy was in ’n F1-kar terwyl hy dit gedoen het.

The Stig was in ’n Lotus F1 toe hy sowat 90 m gevryval het voordat die kabel die kar weer teruggeruk het.

Kyk na die video van dié toertjie hier:

Mense het beweer dat die reksprong vervals is, maar van die toeskouers by die fees het dit ook op kamera vasgelê.

Bron: Huffington Post