FOTO Twitter / @trafficsa

FOTO Twitter / @trafficsa

Hieroor praat mense

Tornado’s in Suid-Afrika

Kan jy dit oorvertel? ’n Tornado in Suid-Afrika! Gewoonlik lees jy net hoe ’n tornado iewers in die VSA verwoesting saai. Maar gister het hierdie natuurverskynsel amok gemaak in dele van Gauteng.

Die tornado het onder meer groot skade aangerig by die Phumulani-winkelsentrum in Tembisa, berig Netwerk24.

Maar dis nie ’n unieke verskynsel nie. Hoewel dit seldsaam is, kom tornado’s wel voor in Gauteng, Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Het jy geweet?

Op 15 Desember 1998 het ’n tornado die Oos-Kaap getref. Wyle oudpresident Nelson Mandela was tydens die storm in ’n apteek in Umtata en sy lyfwagte het hom beskerm teen die vlieënde stukke glas. Toe dit veilig was, het hulle met hom na die sentrale polisiekantoor gejaag en daar geskuil vir ’n verdere 30 minute.

Bronne: South African History Online, ENCA

Hier’s ’n lys van tornado’s in Suid-Afrika:

• 26 November 1948: Roodepoort, Gauteng

• 30 November 1952: Johannesburg, Gauteng

• 15 September 1988: Senekaal, Vrystaat

• 21-30 Januarie1976: Hanover, Noord-Kaap, tot Trompsburg in die Vrystaat

• 20 Maart, 1990: Welkom, Vrystaat

• 15 November 1998: Harrismith, Vrystaat

• 15 Desember 1998: Mthatha, Oos-Kaap

• 18 Januarie1999: Mount Ayliff, Oos-Kaap

• 29 Augustus 1999: Kaapstad, Wes-Kaap

• 1 Augustus 2006: Dullstroom, Mpumalanga

• 4 Maart 2007: Klerksdorp, Noordwes

• 23 Junie 2012: Bethlehem, Vrystaat

Bronne: ENCA, The Daily Vox