FOTO Instagram / @ladygaga

FOTO Instagram / @ladygaga

Hieroor praat mense

Trevor Noah en Lady Gaga oor Orlando-skietery

“Dis nie normaal nie. En dit moet nie normaal wees nie!” Só het ’n gefrustreerde Trevor Noah Dinsdag op sy Amerikaanse TV-program The Daily Show gesê.

Trevor het kommentaar gelewer op die Orlando-skietery Sondag. Dis die dodelikste massaskietery in die geskiedenis van die VSA. Sondagoggend vroeg het Omar S. Mateen (29) by die gay nagklub Pulse in Orlando, Florida, ingebars en begin skiet. 49 mense is dood en 53 is gewond.

Dié Suid-Afrikaanse komediant het uitgelig dat president Barack Obama tydens sy twee termyne meer perskonferensies oor massaskietery as staatsetes gehou het. Daar was 16 sulke perskonferensies en 12 staatsetes.

“Ek wonder of president Obama ooit gedink het dat hy so baie toesprake oor massaskietery sou lewer,” het Trevor verder gesê.

Kyk die insetsel hier:

 

’n Bedroefde Obama het Sondag tydens sy perskonferensie gesê dat Amerika oor twee dinge moet besluit, en dit is “watter tipe land hulle wil wees” en “wapenbeheer”.

“Hierdie voorval wys weer eens hoe maklik dit is vir iemand om ’n geweer te kry.”

 

Die Grammy-wenner Lady Gaga, wat ’n ikoon vir die LGBTQ-gemeenskap (lesbies, gay, biseksueel, transgender en queer) is, het ’n kragtige toespraak oor Orlando gelewer.

“Dis ’n aanval op ons almal,” het sy met trane in haar oë gesê.

Lady Gaga het die name van die 49 slagoffers voorgelees. Die skare het plakkate met die LGBTQ-reënboog en #PrayforOrlando vasgehou.

 

Die Amerikaanse tydskrif People het die gesigte van al 49 slagoffers op hul voorblad geplaas.

People cover

 

Die sanger Adele het haar konsert in Antwerpen, België, aan die Orlando-slagoffers opgedra, berig Rolling Stone.

Antwerp / Sportpaleis / Jun 12 A photo posted by @adele on

 

Ander bekendes het ook hul ondersteuning getoon.

Pharrell

 

Beyoncé

Condolences and prayers to Orlando

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

 

Miley Cyrus

 

Madonna

You Will Not Be Forgotten.Love is love!ray for Orlandopray for Humanity

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Lees nou

Sjef Gordon Ramsay se vrou het ’n miskraam op 5 maande

Tony-aand vereer Orlando-slagoffers