FOTO Twitter / @caster800m

FOTO Twitter / @caster800m

Hieroor praat mense

Trots SA: Wayde en Caster skitter

Trots SA – ons goue atlete Wayde van Niekerk en Caster Semenya is benoem vir die grootste toekennings by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF). 

Wayde is benoem as die jaar se beste internasionale manlike atleet, saam met onder andere Usain Bolt! Caster is een van die benoemdes vir die titel van beste vroulike atleet. Wayde het vanjaar by die Olimpiese Spele in Rio nie net goud gewen nie, maar ook die 400 m-wêreldrekord verpletter. En Caster het goud in die 800 m verwerf.

Nostalgies – hul goue oomblik

Volgens Netwerk24 duur die stemproses tot November. Die toekennings sal op 2 Desember in Monaco uitgedeel word.

Dis nie al goeie nuus vir Wayde nie. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het Maandag gesê die Groenpunt-atletiekstadion gaan herdoop word tot die Wayde van Niekerk-stadion. Lees die volledige berig op Netwerk24.

FOTO Instagram / @waydedreamer

FOTO Instagram / @waydedreamer

Ons dink daar is iets in Kraaifontein se water. Nie net kom Wayde daarvandaan nie, maar ook ’n Blitsbok, ’n SA model wat deur Kylie Jenner raakgesien is en ’n SARIE Voorbladgesigwenner. Lees meer hier.

Wayde en Caster, geluk! Wen of verloor, julle maak ons trots.

Het jy gehoor?

Usain se nuwe fliek, I am Bolt, word op 28 November bekend gestel en die lokprent het gister verskyn.

Dieselfde mense wat verantwoordelik is vir One Direction: This Is Us het dié dokumentêre film oor Usain gemaak. Dit vertel die storie van hoe hy die ikoon geword het wat hy vandag is en fokus op die Rio – en Londen Olimpiese Spele, asook die Beijing- wêreldkampioenskapsbyeenkoms waar hy wêreldbekend geword het.

Usain sê self oor dié film: “Die doel is om vir mense te wys wie ek werklik is … waardeur ek al is – die hoogte- en laagtepunte – en om insig te kry in my denke en gevoelens. Mense dink hulle ken my, maar ek is opgewonde om vir almal die regte Usain te wys.”

Excited to share the trailer for @IAmBoltFilm with my ppl, coming to cinemas everywhere November 28 #IAMBOLT

A video posted by Usain St.Leo Bolt (@usainbolt) on

Bron: Empire

Lees nou

Prins William se styl-evolusie

Bertus Basson se diere kry eie restaurant