FOTO Instagram / @seabelosenatla

FOTO Instagram / @seabelosenatla

Hieroor praat mense

#TrotsSA: Senatla en Wayde kraai koning

Twee sportsterre, een ’n atleet en die ander ’n rugbyspeler, het die afgelope week koning gekraai. #TrotsSA!

Ons goue seun en Olimpiese atleet Wayde van Niekerk het gisteraand nóg ’n toekenning verower. In Doha, Katar, is hy as die beste mansatleet by vanjaar se Olimpiese Spele aangewys. Dit was ’n prysuitdeling wat deur die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees gehou is. Lees die volledige storie op Netwerk24.

Baie geluk, Wayde!

Wow what a honour being awarded with this massive achievement.

A photo posted by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on

Die Suid-Afrikaanse sewesster Seabelo Senatla is Sondagaand by ’n spoggeleentheid in Londen as die sewesspeler van die jaar gekroon. Dit is die derde keer dat dié eer aan ’n Suid-Afrikaanse speler toegeken is – Werner Kok het dit in 2015 gekry, en in 2011 was dit Cecil Afrika se beurt.

Seabelo word alom beskryf as ’n puntemasjien. In die HSBC Wêreldbeker-Sewes-reeks het hy met die naashoogste puntetelling in die 17 jaar lange geskiedenis van die toernooi gespog. Hy het 66 drieë in 10 wedstryde gedruk in die 2015-16-reeks, en 4 by die Olimpiese Spele in Rio vanjaar.

In Oktober vanjaar verduidelik Senatla sy loopbaandoelwitte so aan lionsworld.co.za: “Ek het nog altyd my loopbaan in drie fases opgedeel. Die eerste fase was om op my loopbaan as Blitsbok te fokus en dan hier en daar by vyftienmanrugby in te skakel. Ek is nou besig met die tweede fase waar ek meer op vyftienmanrugby fokus en steeds die geleentheid kry om sewes te kan speel. Die derde fase kom nog, waar ek heeltemal van sewes gaan wegbeweeg, maar vir eers wil ek nog hier betrokke bly.”

Rasta Rasivhenge van SA het sy Wêreldbeker-skeidsregtertoekenning gedeel met Alhambra Nievas van Spanje, terwyl Jean de Villiers die Internasionale Rugbyspeler Vereniging se Spesiale Meriete-toekenning (International Rugby Players’ Association’s Special Merit Award) gewen het.

Het jy geweet? Alhoewel Saebelo deel was van die SA sewesspan by vanjaar se Olimpiese Spele, het hy die bronsmedalje-wedstryd misgeloop weens ’n besering. Hy is toe vervang deur Francois Hougaard, wat later via Twitter laat weet het hy skenk sy medalje aan Senatla. 

Bron: Wikipedia