FOTO Unsplash / Sweet Ice Cream Photography

FOTO Unsplash / Sweet Ice Cream Photography

Hieroor praat mense

Trou jy in 2017? Dís wat jy moet weet …

Om ’n troue by te woon is seker een van die lekkerste dinge in die wêreld. En wanneer dit jou eie is, is dit nóg meer spesiaal. In SARIE se Februarie-uitgawe deel die talentvolle aktrise Erica Wessels haar troue eksklusief met ons.

Het jy geweet? Erica het in haar ousus, Lali Pellissier, ’n eiendomsagent van Stellenbosch, se trourok van dertig jaar gelede getrou! Erica het besluit dit is nie die moeite werd om R30 000 op ’n rok te spandeer wat sy nooit weer gaan dra nie. Boonop het hierdie rok al in die modetydskrif Vogue gepryk.

FOTO Lavonne Bosman

FOTO Lavonne Bosman

Lees die volledige storie en kyk al die pragtige troufoto’s in die jongste SARIE, nóú te koop! Klik hier.

FEB 2017

 

Jy’t die verloofring aan jou vinger, die gastelys is min of meer agtermekaar, jou trourok is reeds ’n prentjie in jou kop en nou is dit net beplan, beplan, beplan. Ja, jy trou in 2017. En die tyd haal jou in.

FOTO Unsplash / Sweet Ice Cream Photography

FOTO Unsplash / Sweet Ice Cream Photography

Trends vir troues kom en gaan, maar die volgende gaan vanjaar nog baie gesien word.

1. Lewende optredes

Vermaak behels meer as net ’n band, hoewel goeie musiek steeds baie belangrik is. Vanjaar gaan meer lewende optredes by troues te sien wees. Akrobate, kore en dansgroepe is maar ’n paar van die goed wat paartjies reël om hul gaste te vermaak.

FOTO Unsplash/Darius Soodmand

FOTO Unsplash/Darius Soodmand

2. Portretfotograwe en illustreerders

Ja, die dae van voor ’n kamera staan met snaakse hoede en rekwesiete is iets van die verlede. Nou gaan paartjies portretfotograwe reël wat a là Vogue foto’s van hul gaste neem. En illustreerders gaan die mooiste oomblikke vasvang in prentjies wat gaste agterna huis toe kan neem.

FOTO Unsplash / Nic Macmillan

FOTO Unsplash / Nic Macmillan

3. Kostrokkies

Weg is die tradisionele boud, aartappels en pampoenkoekies. Paartjies kies deesdae hartlike en heerlike kuierkos wat sommer uit ’n kostrokkie bedien word. Dis glo ook ’n goeie manier om te sorg dat ’n troue nie te styf raak nie.

FOTO Unsplash / Davide Cantelli

FOTO Unsplash / Davide Cantelli

4. Soet geskenkstasie 

Hierdie is nou ’n oulike idee! Laat jou gaste self hul dankiesê-geskenke pak. Maak iewers in ’n vertrek ’n tafel staan met verskeie soorte lekkergoed in die middel en klein flesse of lapsakkies rondom dit. Die gaste kan dan deur die loop van die aand hul eie geskenke pak.

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

Vir nog trends besoek Glamour Living.

Lees nou

2017 se gewildste diëte: Is dit die moeite werd? #WatJyMoetWeet oor die probiotika-dieet

Minki deel haar mooilyk-gewoontes

Bobby stap in Vernon se skoene