FOTO Instagram / @MeghanMarkle

FOTO Instagram / @MeghanMarkle

Hieroor praat mense

Trouklokkies vir prins Harry en sy Meghan?

Gaan ons voor die einde van 2017 ’n ring aan die Amerikaanse aktrise Meghan Markle se vinger sien? Dit lyk so, want Meghan het glo vir klein prinses Charlotte ontmoet!

Vroeër vandeesmaand het prins Harry vir Meghan aan sy skoonsus, Kate Middleton, hertogin van Cambridge, voorgestel. Die ontmoeting het by die Kensington-paleis plaasgevind, berig Elle UK. En Kate het glo vir prinses Charlotte saamgebring.

Ingeligtes sê Meghan en Kate het dadelik van mekaar gehou. En dié Suits-aktrise en filantroop het tot ’n verjaardaggeskenk – ’n droomjoernaal – vir Kate gegee, berig Vanity Fair.

Nes Harry het Meghan duidelik ’n hart vir liefdadigheid. In 2015 is sy deur die Verenigde Nasies aangewys as ’n kampvegter vir vroue. Verlede week het Meghan Delhi in Indië besoek waar sy haar vergewis het van vroue in krotbuurte se gesondheid, berig US Weekly.

Meghan, ook ’n ambassadeur vir die nieregeringsorganisasie World Vision, het agt maande lank navorsing gedoen voor haar besoek aan die land. Sy het ook ’n sê gehad in die opstel van die program, berig US Weekly.

Wie weet, miskien onderneem prins Harry en Meghan vanjaar saam ’n liefdadigheidstoer?

Lees nou

Kan Oreo’s nog beter word? Ja, dit het pas, maar …

Ons is opgewonde oor…

Dié Spice Girl se tweede baba is gebore