FOTO Instagram / @Ivankatrump

FOTO Instagram / @Ivankatrump

Hieroor praat mense

Trump se kinders steel kollig

Dis amptelik: die miljardêr Donald Trump, oftewel The Donald, is die Republikeine se presidentskandidaat. Maar dis nie sy haarstuk of sy vrou, Melania Trump, se toespraak waarop die kollig nou val nie. Dis sy vyf kinders se beurt om aandag te trek. En Donald weet dit.

Donald is al drie keer getroud.

 

20160721_TrumpStamboom

So proud of my father#RNC #RNCinCLE #2016Cle

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

En sy kinders is:

Donald jnr.

Hy is die uitvoerende onderpresident van die Trump Organization. Donald jnr. is in 2005 getroud met die model Vanessa Haydon. En nes sy pa het hy vyf kinders.

Donald jnr. het Dinsdag by die Republikeine se kongres gesê dat sy pa die “vermoë het om die onmoontlike te verrig”.

“Ons moet ’n man kies wat al bewys het hy kan die onmoontlike verrig.”

- Donald Trump jnr.

Ivanka

Agter elke man staan daar ’n vrou. En agter The Donald is sy dogter, Ivanka. Sy dryf die afgelope ruk haar pa se verkiesingsveldtog. Ivanka en haar man, die sakeman Jared Kushner, het drie kinders, Arabella, Joseph en Theodore. Ivanka is ’n Jodin. Die 34-jarige was in die 90’s ’n gesogte model, maar behaal in 2004 ’n graad in ekonomie aan die Universiteit van Pennsilvanië. Sy is die uitvoerende vise-president van die Trump Organization.

Party mense het die hele week gewag om Ivanka se toespraak te hoor. En Donderdag het sy kompleet soos ’n Demokraat geklink, berig Vanity Fair.

“Hy het jare vir sy werknemers baklei. Maar nou baklei hy vir sy land.”

- Ivanka Trump

Eric 

Hy is glo deur ouboet Donald en ousus Ivanka grootgemaak. En is ook ’n vise-president van die Trump Organization. Eric is getroud met die televisievervaardiger Lara Yunaska.

Eric het volgehou dat hy sy toespraak, wat hy Woensdag by die kongres gelewer het, self geskryf het.

“Ek was nog nooit so trots om ’n Trump te wees nie.”

- Eric Trump

Tiffany

Sy is genoem na die juweliersvervaardiger Tiffany & Co. Haar toespraak Dinsdag by die Republikeine se kongres het positiewe reaksie gelok. Die 22-jarige het vanjaar by die Universiteit van Pennsilvanië graad gevang. En in 2013 het sy ’n lied, “Like a Bird”, uitgereik.

Luister na die lied hier:

 

Barron

Die 10-jarige is Donald se jongste en Melania se enigste kind. En in die Trump-woning het hy sy eie vloer!

In Los Angeles het ’n kunstenaar besluit om Donald se ster op die Hollywood Walk of Fame te versier. Plastic Jesus, ’n straatkunstenaar van LA, het ’n klein muur rondom sy ster gebou, kompleet met ’n piepklein Amerikaanse vlag en doringdraad.

Somebody built a wall around Trump’s star. Amazing.

A photo posted by Tom May (@tommayallday) on

Lees nou

Michelle Obama in ‘Carpool Karaoke’

Prins Harry, Charlize Theron in SA vir vigs-bewusmaking