FOTO: Leana Clunies-Ross
Hieroor praat mense

Hoe lank spandeer jy voor die spieël?

Jy staan waarskynlik twee weke van elke jaar voor die spieël, wys ’n nuwe studie.

Só skryf die Daily Mail na aanleiding van ’n studie wat AOL saam met die Today Show gedoen het. Volgens dié studie spandeer die gemiddelde vrou elke dag ongeveer 55 minute aan haar voorkoms.

Kitsoplossing as jou handspieël verplaas is…

As jy vir 365 dae lank elke dag 55 minute aan jou voorkoms spandeer, beteken dit dat jy jaarliks twee weke geneem het om jouself mooi gemaak.

Dove se inspirerende advertensies oor ware skoonheid

Dié studie het verder bevind dat mans ongeveer 4,5 ure per week aan hul voorkoms spandeer, vroue 6,4 ure en tieners 7,7 ure!

BRON: Daily Mail

*2 000 Amerikaanse volwassenes en 200 tieners het aan dié peiling deelgeneem