FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Hieroor praat mense

VIDEO: Tweeling met seldsame toestand hou hande vas by geboorte

Toe ’n Amerikaanse tweeling met ’n seldsame toestand op Moedersdag saam-saam uit die baarmoeder gekom het terwyl hulle handjies vasgehou het, was almal in die teater in trane, berig The Independent.

Die ma, Sarah Thistlethwaite, het aan joernaliste gesê daar was nie ’n droë oog in die teater toe die twee so saam-saam hul opwagting gemaak het nie.

Sarah het nie ’n maklike swangerskap gehad nie en was vir twee maande bedlêend. Haar tweeling-dogters, Jenna en Jillian, is monoamnioties, wat beteken dat hulle dieselfde amniotiese sak deel, ’n toestand wat net 1 uit elke 10 000 tweelinge raak – nie net deel hulle dieselfde vrugwater nie, maar ook dieselfde plasenta. Dit kan dodelik wees as die naelstringe verstrengel raak en tweelinge met dié toetand se risiko vir geboorte-defekte is ook groter.

Jenna en Jillian het op 33 weke deur middel van ’n keisersnee die wêreld ingekom en is gesond, buiten klein probleempies waarmee premature babas meestal sukkel.

Kyk hier na die video van die tweeling wat hand-aan-hand die wêreld verwelkom het. Ma Sarah sê hulle is reeds beste vriende.

Jenna is die oudste en het 1,87 kg geweeg en is 43,18 cm lank. Jillian het 1,73 kg geweeg en is 44,45 cm lank.

Bronne: The Independent en Linda