Hieroor praat mense

Tydskedule vir Monaco se koninklike troue – plak dit op jou yskas!

SABC3 bring op 2 Julie al die aksie na jou woonkamer. Jo-Ann Strauss is dáár in Monaco, van waar sy kykers regstreeks op hoogte sal hou van die troue.

Ander aanbieders wat op SABC3 oor die troue gaan gesels en kommentaar lewer, is die modeontwerpers Abigail Betz, Vesselina Pentcheva en 702 Talk Radio se Jenny Crwys-Williams.

[box:full:grey:both]

Hier is die skedule van hoe laat wat gebeur

14:30 Dokumentêr oor die Grimaldi-dinastie.

15:30 Regstreekse uitsending begin.

16:55 Prins Albert arriveer by die paleis en loop op die rooi tapyt tot by die kansel.

16:57 Charlene arriveer en sluit by prins Albert voor die kansel aan.

17:00 Godsdienstige troue volg.

17:30 Aansteek van die ringe.

18:19 Teken van die register.

18:30 Die pasgetroude paartjie verlaat die paleis saam met hul gevolg.

18:40 Hulle vertrek na die Sainte Dévote-kapel.

18:50 Die nuwe prinses sit haar ruiker in die kapel neer.

19:00 Arriveer weer by die paleis.

[/box]

  • Elsje Holmes

    Charlene gaan n pragtige bruid wees. Sy lyk baie na Grace Kelly en net soos Grace gaan sy ook n wonderlike vrou vir haar man wees. Ek wens die bruidspaar voorspoed en geluk toe vir die toekoms. Kan nie wag om haar trourok te sien nie. Dankie ook Sarie dat julle so mooi omsien na ons lesers dit word opreg waardeer.

  • Gerda

    Wat ‘n beeldskone bruid was sy vandag! Stylvol, gereserveerd, ernstig. Mag hulle ‘n geseënde huwelikslewe hê. Ek hoop hy is vir haar die beste man moontlik, want sy verdien dit.

  • Karin

    Sy het pragtig gelyk! En Jo-Anne Strauss was wonderllik in die ateljee. Sy kan weer op ‘n voorblad verskyk. Ons wil graag hoor van haar verlowing en waarmee sy deesdae doenig is.