FOTO verskaf

FOTO verskaf

Hieroor praat mense

Unieke foto’s van aurora borealis te sien in Johannesburg

Die bekende SA sterrekundige prof. David Block se foto’s van die aurora borealis (noorderlig) is nou in Johannesburg te sien.

Hy noem sy uitstalling Dancing Curtains of Light en dis tot einde vandeesmaand by Silvertone International in Parktown-Noord te sien.

Prof. David Block by sy foto's. FOTO: Flora-graphy

Prof. David Block by sy foto’s. FOTO Flora-Graphy

Dis sy heel eerste fotografie-uitstalling, sê prof. Block. “En ja, dis ’n baie groot oomblik. Ek het as jong seun my eie foto’s ontwikkel wat ek met my Yashica 2 ¼- kamera geneem het. Ek het ’n groot liefde vir fotografie, vir daardie bietjie towerkuns wat in die donkerkamer gebeur. Dit was altyd verstommend om in die donker te staan en kyk hoe die foto op die papier ontwikkel. Die eerste keer dat ek deur ’n teleskoop na die naghemel gekyk het, het dit my heeltemal in vervoering gehad. Daar was iets so magies en fantasties aan die misterie van die naghemel. Ek wou dit onmiddellik afneem. En dis wat ek nou deurentyd in my beroep as astronoom doen. Nou gebruik ek net teleskope daarvoor en ontsluit so die wonders van die hemelruim.”

Oor sy foto’s van die noorderligte sê David dat ’n reis na dié afgeleë bestemming op baie mense se wenslys verskyn. “Maar nie baie mense kom daar uit nie. Party gaan ook op die verkeerde tyd daarheen en dan sien hulle nie die grootsheid van dié natuurwonder nie. Dis vir al daardie mense wat ek die aurora borealis Johannesburg toe gebring het, sodat hulle dit ook kan beleef. Al is dit deur te kyk na my foto’s wat ek geneem het van ’n baie afgeleë bestemming, sowat 20° van die Noordpool af.”

Die Melkweg. FOTO: David Block

Die Melkweg. FOTO David Block

“Maar op die uitstalling is daar ook ’n baie spesiale foto wat my na aan die hart lê. Dis van die Melkweg soos gesien deur ’n teleskoop in Chili. Daar is 64 volmane op dié foto. Dis die eerste keer dat die foto in Suid-Afrika uitgestal word. Wanneer ek deur ’n teleskoop kyk, is ek altyd opgewonde, want ek weet nooit wat om te verwag nie. Die hemelruim bly my verras.”

Andreas Kahlau, David Block, John Robbie. FOTO: Flora-graphy

Andreas Kahlau, David Block, John Robbie. FOTO Flora-Graphy

Andreas Kahlau van Silvertone International, wat die afdrukke gemaak het, sê dit was ’n ongelooflike ervaring om met dié uitsonderlike foto’s te werk. “Wat ek daarvan hou, is dat ons nie sommer hierdie foto’s geredelik te siene kry in Suid-Afrika nie. Die kleure is ongelooflik.”

Die Melkweg FOTO: David Block

Die Melkweg FOTO David Block

Die uitstalling duur tot die einde van Junie by Silvertone International in Parktown-Noord, Johannesburg. Vir navrae, skakel 011 482 7413/14

Andreas en Elizabeth Kahlau saam met David Block. FOTO: Flora-graphy

Andreas en Elizabeth Kahlau saam met David Block en John Robbie. FOTO Flora-Graphy