FOTO Instagram / @hannahleigh

Hieroor praat mense

Varke kan ook pessimisties wees

Ja, nes mense kan varke ook die glas halfvol of halfleeg sien. Wetenskaplikes het bevind dat varke pessimisties of optimisties kan wees!

Die studie deur die Universiteit van Lincoln in Engeland  is onlangs in die wetenskaplike joernaal Biology Letters gepubliseer. 32 varke, wat as troeteldiere aangehou word, is vir dié studie gebruik.

FOTO Unsplash / Greg Ortega

FOTO Unsplash / Greg Ortega

Elke vark is in ’n vertrek geplaas. Aan weerskante van die vertrek is twee bakke gesit, een met bitter koffiebone en die ander vol lekkers.

Die wetenskaplikes het die volgende waargeneem:

’n Pessimisties vark sou onmiddellik vies raak die oomblik dat hy die bak met koffiebone teëkom. Hy sou daarna nie eens moeite doen om te kyk wat in die ander bak is nie.

’n Optimistiese vark, daarenteen, sou opgewonde na die volgende bak toe hardloop en selfs deur die res van die vertrek soek om te kyk of daar nie ’n derde bak is nie.

Luidens die studie het die varke se verblyf ’n groot rol gespeel.

Party varke het tuis in ruim en gemaklike vertrekke geleef, terwyl ander varke in aansienlik kleiner en beknopte vertrekke geleef het. Die varke in die kleiner en beknopte vertrekke was dikwels pessimisties.

via GIPHY

Lees die volledige storie op The Telegraph.

Lees nou

Paartjie neem weer troufoto’s – 40 jaar later

Daar’s ’n slang in die Kersboom

Bring dié kleur vir jou geluk?