FOTO Unsplash / Michael Ramey

FOTO Unsplash / Michael Ramey

Hieroor praat mense

Venus, Mars: Só koop mans en vroue jeans

Mans, vroue. Dis nie ’n nuwe tema nie – hy hou op praat en frons as hy kwaad is, jy wil dit uitpraat. Hy weier om aanwysings te vra as hy verdwaal, jy dam die naaste een by en hoor waar is wat (gelukkig is daar deesdae die GPS) … So kan ons aangaan.

Natuurlik wil ons graag glo mans en vroue is presies dieselfde (behalwe nou vir ons lywe). En ja, ons wil vir seker dieselfde betaling kry vir dieselfde werk. Dit is mos niks minder as reg nie. Die suffragettes onder leiding van Emmeline en Christabel Pankhurst het immers in die begin van die twintigste eeu in Engeland hard geveg dat vroue stemreg kry, wat uiteindelik in 1928 gebeur het.

Feit bly staan, Men are from Mars, Women are from Venus deur John Gray bly ’n gewilde selfhelpboek.

Onlangs is bevind daar is ’n paar prettige dinge wat mans en vroue van mekaar onderskei – lees hier. Met hoeveel van dié tong-in-die-kies-waarnemings stem jy saam?

FOTO Unsplash/ Adriana Velasquez

FOTO Unsplash / Adriana Velasquez

1) Die koop van sjampoe

Mans Staan daar sjampoe op die bottel?

Vroue Handelsmerk, doeltreffendheid, bestanddele, reuk, ontwerp van die bottel, gewildheid, ander vroue (of skoonheidsredakteurs) se kommentaar, die hoeveelheid vloeistof in die houer en die kleur daarvan word onder meer in ag geneem voor aankope.

FOTO Instagram / Tresemme

FOTO Instagram / Tresemme

2) Taspak vir die vakansie

Mans Begin vyf minute voor vertrek. Voilà!

Vroue Beplan ’n maand voor die tyd en maak hope lysies – vir hulself, die kinders. Is vooraf bekommerd oor wat alles vergeet gaan word. Beplan die inpak in fases. Probeer voor die tyd alles een keer reeds vir ’n toetslopie inpak. Maak lysies van alle “los goeters’’ wat ook iewers moet inpas.

FOTO Unsplash / Angelina Litvin

FOTO Unsplash / Angelina Litvin

3) Die aankoop van jeans

Mans Loop na die rak, neem een of twee jeans, pas dit aan, koop dit. Tydsduur vir die transaksie is sowat tien tot 15 minute.

Vroue Beplan om na een winkel te gaan. Pas ’n paar broeke aan wat goed pas, maar wonder of daar nie mooier broeke by ander winkels is nie. Besoek dan nog twee tot drie winkels en pas nog broeke aan. Keer terug na die oorspronklike winkel en koop die eerste broek. Tydsduur vir transaksie is drie tot vier uur.

FOTO Instagram / @Levi

FOTO Instagram / @Levis

Albert Einstein het gesê: “Vroue is altyd bekommerd oor die dinge wat mans vergeet, maar mans is altyd bekommerd oor die dinge wat vroue onthou.”

Die slotsom Vroue en mans verskil.

Die natuur, die omgewing … wat maak dit saak? Dit bly lekker.

FOTO Unsplash / Atlas Green

FOTO Unsplash / Atlas Green