Die Dinosouruse steel (en breek!) die eiers FOTO: Facebook

Hieroor praat mense

Oulik! Só vermaak dié ouers hul kinders

Dit was Ma Susan en Pa Refe Tuma se plan om hul kinders weg van die televisie- en rekenaarskerms te kry, en weer hul verbeelding te gebruik terwyl hulle speel. Nou het dié gesin se speeltyd ’n internet-sensasie geword.

Die ouerpaar wou maar net vir hul kinders wys dat “gewone” speelgoed nog pret kan wees, maar vinnig het die Tumas se speeltyd die internet oorgeneem. Verlede jaar wou hulle hul kinders, Adeia (6), Alethea (5) en Leif (2) oortuig dat die plastiek dinosourus-speelgoed elke Novemberd snags lewend word en allerlei stoute dinge in die huis aanvang. Hierdie jaar het hulle dit weer gedoen en dit op hul Facebook-blad gedeel.

Dit is van die dinosourusse se nagtelike aktiwiteite waarop die kinders afgekom het toe hulle wakker geword het:

Die Dinosouruse teken op die muur FOTO: Facebook

Die dinosourusse teken op die muur FOTO: Facebook

Die Dinosouruse steel (en breek!) die eiers FOTO: Facebook

Hulle steel (en breek!) die eiers FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Speel lekker met die toiletpapier! FOTO: Facebook

Die Dinosouruse probeer ontsnap! FOTO: Facebook

Die dinosourusse probeer ontsnap! FOTO: Facebook

Die Dinosouruse toets hulle skildertegnieke FOTO: Facebook

Hulle toets hul skildertegnieke FOTO: Facebook

Die Dinosouruse probeer ontsnap! FOTO: Facebook

Baljaar in die skottelgoedwater FOTO: Facebook

dinovember

Arme Ninja Turtle word aangehou FOTO: Facebook

Bron: Huffington Post