Hieroor praat mense

Vertel ons meer van jouself. Jy kan wen!

[box:full:grey:both]

KLIK VIR DIE AANLYN-MENINGSPEILING.

[/box]

Wedstrydreëls:

1. Die sluitingsdatum is 1 Julie 2012.

2. Deelnemers aan die wedstryd moet binne Suid-Afrika woonagtig wees.

3. Die eerste korrekte inskrywing wat getrek word, sal die prys wen.

4. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), die borge, advertensie-agentskappe en hul onmiddellike familie mag nie deelneem nie.

6. Media24 Vrouetydskrifte mag die persoonlike inligting van die deelnemers stoor en gebruik om statistiese verwerkings te doen en die verwerkte data uiteindelik te kommunikeer. Die persoonlike inligting sal nie aan derde partye, behalwe die borg, verskaf word nie.

7. Die wenner sal deur SARIE of die borg gekontak word sodat die prys verskaf kan word.

8. Die deelname aan dié wedstryd impliseer dat dié reëls aanvaar word.

9. Om die kontantprys te ontvang, het SARIE ‘n afskrif van die wenners se ID, bankrekening-details en ‘n afskrif van ‘n bankstaat of ‘n gewaarmerkte brief van die bank nodig om die eienaarskap van die bankrekening te bevestig. Die prys sal 6 – 8 weke ná die sluitingsdatum verskaf word. Die wenner se naam sal op sarie.com verskyn.

  • Janita Marais

    Ek is Janita n mamma van n matriek dogter….wat huil as sy huil…wat lag as sy lag…..Ek het die wonderlikste man en sal hom en ons dogter by staan tot die dood….Ek is n mensie met n klein hartje en huil gou….ek sal as die klok soggens ons wakker maak almal ophelp en. Ystaan tot ns saans weer oogies toemaak. Ek se dankie Jesus vir wie en wat ek is …ek wil graag mooi wees en maer wees en net die beelskone moeder en vrou wees…maar God het gese dis hoe jy gaan wees en dis hoe ek jou wil heMMMMDankie Jesus vir wie en wat ek is en beteken vir ander…..geskryf deur Janita Marais cell"; 0827153256. Baie dankie

  • Margaret

    Dierbare Sarie!
    Ek sou graag die survey wou invul, maar ek sien toe dat by die eerste vraag daar nie ‘n opsie is vir – niks bekommer my nie.
    So ek kan ongelukkig nie die survey voltooi nie.
    Daar is werklik vroue in ons land wie al hul bekommernisse aan God oorlaat en dan werklik niks het om oor bekommerd te wees nie.
    Wie kan sy lewe met een enkele dag verleng deur bekommerd te wees?

  • NAVIDAH NATASHA TOORN

    Ek’s ‘n doodgewone jong dame wat hou van vriende maak,musiekinstrumente speel,tuinmaak,tydskrifte lees het deursettingsvermoe en ek is baie lief vir my familie.Het meningitis ontwikkel terwyl ek my matriekeksamen geskryf het.Ek het egter deurgedruk en my eksamen suksesvol geslaag,waarna ek toe gehospitaliseer moes word vir ‘n paar weke.Ten spyte van die komplikasies kon ek nie my universiteitsjare begin nie.Dit was regtig ‘n onaangenametyd vir my en vir my hele huisgesin want ons het so uitgesien.Al my vriende maak gereed om universitete en Kolleges toe te gaan en ek sit ongeskik en onfit om te gaan.Moes vir ‘n jaar sukkel om my gesiente te herwin,regop te probeer bly want ek het aan slaaploosheid gely.Die naarheid,duiseligheid en die onsmaaklike smaak van kos was ondraaglik.Dan boonop het almal wat my besoek het na my gestaar want met al die steriods en ander medikasie het ek opgeblaas soos ‘n "airballoon" Dan nog nie eens gepraat van die nuwe klerekas wat moes oorgedoen word nie Niks in my klerekas het gepas nie.Wou nie uitgaan nie want ek het nooit iets gehad wat my vet verbloem nie.Ek was eers weer die komende jaar toegelaat om my studies te begin.By die tyd was ek oorstelp van vreugde net om by die universiteit uit te vind dat ek nie onmiddelik met my graad kon begin nie weens my vakkeuses.Ek moes nou ‘n soort van "oorbruggingskursus/toegangsprogram te volg vir ‘n volle jaar.Dit was egter swaar en moeilik vir my ma as enkel ouer want dit sal nou nog langer neem om my graad te voltooi.My verhouding met my boyfriend het ook intussen versuur aangaande wanindrukke wat hy begin kry het van my prognose.Daardeur gewerk en met die bystand van my familie,vriende ,gebede,die help van die Here het ek ‘n goeie uitmuntende herstel gemaak.By hierdie tyd moes ek nou nog net werk aan my gewig en dit was nie maklik nie.Met gewig op en af,kits diete,het dit my nie veel gehelp nie.Tussen my ma en ouma en myself was daar ook ‘n groot geveg oor komplikasies van my vetsug.Ek was net nie gemotiveerd nie Gedink ek sal seker maar mettertyd gewig verloor.Met my in Universiteit en tussen eksamens het dit ook nie maklik gegaan nieDan nog nie eens gepraat van die menu in die eetsaal nie."Comfort food"het my ook nie enigsins goed gedoen nie.Ek het al die inligting oor reg eet,oefenprogramme ek het selfs die ‘n gymnasium aangesluit.Het nie eers gereeld opgedaag nie weens die stress van boeke tyd en studies.Bo en behalwe alles dit het ek ‘n ernstige besluit geneem om self iets omtrent my gewig te doen.Ek het tot dusver 43kg verloor.Ek voel uitstekend,gelukkig in verhouding met nuwe boyfriend.Ek het my volle bestuurslisensie.Ek het my Praktiese eksamen verlede jaar gedruip teruggegaan die jaar en met die hereksamen met die hulp en ondersteuning van God en my familie en vriende geslaag Na ses jaar se studies is ek amptelik ‘n maatskaplike werkster en wag nou net vir ‘n vakante pos

  • Elma Tiran

    Ek het gaan trou toe ek 23 jaar oud was en my seun het ek gehad op die ouderdom van 27 . Die oomblik dat ek agterkom dat daar probleme in my huwelik is het ek werk gaan soek en werk gekry by n bande fabriek waar ek die admin gedoen het aan die engineering kant…..6 Maande later op die ouderdom van 30 is ek toe geskei….
    Ek het langs die see gebly en elke aand die see gehoor as ek gaan slaap het..Daarna het ek getrek en ek en my seun het in n klein beknopte woonstel ingetrek ..( Naby die werk ) plek was so vol meubels dat daar amper nie plek was om te loop nie, maar afgesien van dit was ek so gelukkig om my vryheid te he en dat ek en my seun kon doen wat ons wil …Ons het geen vervoer gehad nie en het lekker gestap waar ons wou….Elke oggend het ek hom speelskool toe gestoot in sy stootkarretjie en ek het werk toe geloop en in die aand na werk het ek hom weer gaan haal..
    So het die jare maar verby gegaan en hy het klaar gemaak met skool en graad in IT gekry ..Intussen het ons na n lekker huis getrek waar ek heerlik tuin gemaak het…Na 25 jaar het ek opgehou met werk by die bande fabriek en is nou 4 jaar by die huis…Ek het vir my n klein craft winkel oopgemaak in my tuin waar ek my craft landwyd verkoop en hou ook uitstallings…Ek is baie kreatief en kan enige iets met my hande maak wat mense my vra om te doen…
    Die 11 de junie was ek 29 jaar geskei en het nie weer gaan trou nie en met die Here se genade is ons deur die jare wat net beter mense van ons gemaak het….

  • Yolanda

    Hallo julle,
    Ek is 19 en en my kerel gaan al 2jaar en 2maande uit hy is al 22 en hy het die mooiste hart ! Hy dink altyd aan ander eerste dan aan homself hy ry n ou tjoriekie wat nie eers party ogende start nie, dan moet hy kook water op die enjen gooi om die tjoriekie weer aan die gan te kry, ekt vir hom ‘n spaar varkie gekoop vir sy verjaarsdag dat hy kan begin spaar vir ‘n nuwe karretjie.
    Liefies jou Pierre *

  • Yolanda

    Hallo julle,
    Ek is 19 en en my kerel gaan al 2jaar en 2maande uit hy is al 22 en hy het die mooiste hart ! Hy dink altyd aan ander eerste dan aan homself hy ry n ou tjoriekie wat nie eers party ogende start nie, dan moet hy kook water op die enjen gooi om die tjoriekie weer aan die gan te kry, ekt vir hom ‘n spaar varkie gekoop vir sy verjaarsdag dat hy kan begin spaar vir ‘n nuwe karretjie.
    Liefies jou Pierre *

  • Lizèl van Zyl

    Hi daar, My naam is Lizèl van Zyl. Ek’s 36 en ongelooflik geseënd. Ek het seker alles wat ‘n vrou te hart begeer. My Godvresende man wat my om sy hande dra, ‘n fantasiese Pappa en lief vir die Here is. My pratige drie kinders wat absoliet ‘n geskenk van God is en my elke dag omvou met hulle liefde en gelag. Elke dag kan ek opstaan met volheid en vreugde in my hart…iets wat ek nie 30 jaar terug geken het nie. Ek onthou as klein dogtertjie hoe ek gewens het ek kan vryloos en vreesloos lewe…waar daar volop vreugde en geluk is. Ten spyte van al die pyn en alleenheid het God my deur alles gedra en vandag kan ek sê is ek volkome mens, afhanklik van my Vader. My lewens missie is om die boodskap uit te dra, daar is hoop. God bring genesing en herstel. Om te "lewe" is ‘n keuse. Moenie net bestaan nie…leef met oorvloed!!! My passie in die lewe is om vroue te inspireer om volkome vrou, ma en jouself te wees. Ek hou dames oggende en gereelde mooi maak sessies, wat innerlike en uiterlike skoonheid omvou. Ek het "Your Destiny" gestig, waar jy enige iets kan koop wat te doen het met "vrou wees", onder andere Annique rooibos produkte. Is ook betrokke by liefdadigheid en ondersteun projekte soos Amato, wat vrou help wat deur aborsies gegaan het. "Life your dream". Dis nie wat het jou gebeur wat saak maak nie, maar dat jy waaroor doen!!!

  • Charlene

    Ek sou graag wou deelneem aan die meningspeiling. Ongelukkig laat die antwoordopsies wat gekies moet word nie toe dat ‘n enkel-vrou sonder kinders en nog nooit getroud nie van die vrae kan beantwoord nie. Dus, daar is nie ‘n "nie van toepassing-opsie" nie. Ek is ‘n trotse SARIE-leser en is trots op wie ek is. Maar dit voel vir my asof mens slegs as vrou (volgens die meningspeiling) ‘n sê het, indien mens getroud en/of kinders het. Ongelukkig, op 29, was dit nog nie in die Here se wil of die regte tyd om my pad met my regte trouman vir my te laat kruis nie – So, glo ek.

  • bianca botha

    Hi my naam is bianca ek en my verloofde is al 4 jaar saam en het n wonderlike kind isabella ek het nie werk ni en hy sorg vir my en ons kind so ek wil net vir hom se hoe dankbaar ek is dat ek hom het in my lewe hy is wonderlik