bruidcover09
Hieroor praat mense

Vertel ons van jouself en wen!

Ons stel belang in jóú as SARIE-leser, sarie.com-gebruiker, en fan en volgeling van SARIE op Facebook en Twitter.

Neem asb deel aan hierdie SARIE-opname en jy kan een van 2 gelukkige SARIE-lesers wees wat elk met ‘n kontantprys van R1 000 wegstap. Net so ‘n iets om dankie te sê vir jou tyd!

PRYS:

2 gelukkige SARIE-lesers wat dié opname voltooi het, kan elk R1 000 in kontant wen. Die stelsel sal wenners outomaties uit die databasis van opname-deelnemers kies.

SLUITINGSDATUM:

21 Junie 2011

WENNERS:

Die 2 wenners sal op 24 Julie 2011 op sarie.com bekendgemaak word.

TERME & VOORWAARDES

Alle SARIE meningspeilings mag ingevul word deur enigeen behalwe ‘n werknemer van Media24, hul direkte familie, werknemers van die borge, of hul agentskappe. Die pryse sal gegee word vir die eerste twee volledig ingevulde opnamevorms wat getrek word en die beslissing is finaal en geen korrespondensie in dié verband sal geduld word nie. Deur jou kontakbesonderhede in te vul, gee jy toestemming dat SARIE jou mag kontak.  Sluitingsdatum is die 21ste Junie 2011. Die wenners sal gekontak word deur ‘n werknemer van Media24 via e-pos of per telefoon. Wenners moet hul bankbesonderhede, ‘n kopie van hul ID en ook ‘n kopie van hul bankstaat of ‘n brief van die bank met ‘n amptelike stempel op deurstuur na Media24 om die kontantprys te ontvang.  Wenners se name sal op sarie.com verskyn.  Deur die meningspeiling in te vul, aanvaar jy hierdie terme.

  • Dominique

    Ek het vraelys ingevul, maar toe ek op volgende druk toe wou dit nie my foonnommer aanvaar nie. Is daar dalk net ‘n "bug" in die susteem?

  • Laetitia

    Hoe moet die telefoonnommer verskaf word?
    Dit vra elke keer vir ‘n geldige nommer

  • Suzette Whitfield

    Ek bly in Oos Londen en het 14 jaar terug van Bloemfontein af agter die liefde aangetrek. Ek was 36 toe ek vir die eerste keer getroud is. My man het my afgestof en van die rak afgehaal. Ek is baie dankbaar vir die man wat ek het, daar is nie beter as hy nie. Ek is ‘n dagmoeder, partykeer nagmoeder en sommer net ‘n instaan ma vir my vriendin se 2 kinders, as sy nie beskikbaar is nie. Ek en my man het nie kinders van ons eie nie en Teneille (10) en Daniel (7) is soos ons eie. Teneille is gediagnoseer met diabetis toe sy 6 maande oud was en toevallig is ek en my man ook diabete. Sy is ‘n klein ligstraal. Ek en my man het baie teespoed gehad die afgelope jaar. Hy was vir ‘n jaar werkloos en dit was die moeilikste tyd in ons lewe, maar ons het nader aan ons Hemelse Vader en mekaar gegroei. Saam het ons gehuil, gelag, gebid en mekaar gemotiveer en gedra as ons nie meer kon nie. Hy het die 1ste Januarie 2011 weer begin werk en ons is baie dankbaar, maar ons moet nou eers weer begin kruip in ons lewe. Daar is geen medies geen versekering nie niks. ‘n Mens hoor altyd dit het met ander mense gebeur maar dit gebeur mos nie met jou nie, maar dit het gebeur. Daar was tye wat ons nie meer brood in die oe kon kyk nie wat jy net gebid het vir uitkoms en dan kom daar vriende op facebook wat jy nog nie ontmoet het nie hulle motiveer jou , bid vir jou en sommiges vra vir jou bankbesonderhede en betaal ‘n sommetjie in. Die blydskap is dan so groot dat jy voel soos ‘n kleintjie wat ‘n suigstokkie gekry het. Dankie Vader vir dit wat U vir ons beteken en wat U nog vir ons gaan beteken.

  • Magda Hinrichsen

    God, my man en my kinders en dan volg al die res. My lewe in PROPVOL liefde en seeninge en midde dit alles is my liefdadigheids projek genaamd – Magic Moments. Hier klee ons minderbevoorregte matriek leerders, gratis, vir hul matriekafskeide. Ons skep vir hulle MAGICAL MOMENTS, waar hulle gedink het dit sal nooit gebeur nie. Die statisfaksie is onbeskryflik en asemrowend. Dit is alles te danke aan ons Hemelse Vader want Hy het dit so bewerkstellig dat ek by die projek kon betrokke raak en op ‘n baie aangename manier ‘n verskil in kinders se lewe te kan maak. By Magic Moments is ons groepie dames/vriendinne – Goeie Fee’s. Baie dankie Vader vir die eer en voorreg om deel van hierdie lewe te kan wees. Baie dankie. Magda

  • Anne

    Wel my Lewe klink ook soos ‘n boek. Wil eintlik nog altyd ‘n boek skryf daaroor want dit is omtrent hoe dit sal lyk. Sal seker nog ‘n blits verkoper ook wees!!

    Ek wil mense nie graag verveel met my lewe nie maar moet noem dat die Hemelse Vader verseker gee aan die wat aanhou en natuurlik roekeloos op Hom vertrou. My lewe was ‘n absolute riller tot in 2007. Ek het die wonderlikste man ontmoet en is toe verlede jaar getroud, in Maurituis nogals. Ons is baie gelukkig en my 2 kinders het hom ook aanvaar as die vader figuur in hul lewe want in die kort tyd het hy vir hul meer gedoen as wat hul eie Pa ooit gedoen het om alles te kroon het hy nog sy eie lewe geneem so 10 jaar terug. Ons was toe reeds 7 jaar geskei. In al die tyd was dit net Hy wat my regop gehou het. Op my eie sou ek dit nooit soos in nooit gemaak het nie, so alle eer aan my Hemelse Vader!!!

  • Clarita smit

    Haai Sarie :) My storie loop asvolg!! :) Wel, lank lank gelede, toe ek nog graad 10 was (standerd 8, 2004) was ek maar n tiepse tiener meisie, so baie opdraande vir my ouers gegee, maar tog dink ek, ek was voorbeeldig. My Pa het gedink dis n baie oulike idee om as gesin op n boot-reis te gaan, daai tyd nog as die "Rhapsody" bekend gestaan. Natuurlik, het ek gedink, Ai, nie nog n Familie-ding nie!!! Teen my wil het ek gegaan. Toe ons in Durban gekom het, en gewag het om op die Groot skip te gaan, het my oog die Mees aantreklike man gevang, sjoe!! En daar was ek Head over Heels! My ma spoor my aan en se ek moet die beste uit die 7dae maak. Ek was so skaam meisie dat ekt nie geweet hoe ek dit aan doen nie. Wel, 6 dae het verby gegaan (maar ekt nie niks sit en doen nie, ekt seker gemaak, die outjie sien my raak, as hy in die gym was, was ek daar!!! As hy in die Onbytsaal was, was ek daar). Die laaste aand, kry ons sein op ons selfone, ek bel toe dadelik my vriendin, vertel haar van die mooi man, en vra wat moet ek doen…een daar gaps my battery, natuurlik was hy nie baie ver van my af nie, aangesien ek seker gemaak ek was orals waar hy was. In my skaamheid stap ek oor na hom, verduidelik dat ek in n diep gesprek was met my vriendin, en vra of ek sy foon kan gebruik, Op die ou einde het ons mekaar geselskap so geniet, tot laat in die oggend gesels, en ekt nog n soentjie oor gekry. Ons kom toe klein goedjies agter, soos hy verjaar die 19de November en ek die 18de, Sy ma en My ma het die selle name, ens. Hy kom toe van Kaapstad, en ek van Mosselbaai. Na al my harde werk het my die "kys" gevra 2 maande na die Rhapsody. Ons het n langafstand verhouding gehad vir 2 jaar en saam was ons Stellenbosch toe. Vandag, is ons 2 jaar (amper 3 jaar) getroued, en ek dink hys nogsteeds my redder op wit perd, en nogsteeds die bleedskone mansmens wat ek nog ooit gesien het!! Ons bly tans in Kaapstad, nog nie klein voetjies wat rond hardloop nie, maar twee oulik woefies! Ekt my eie besigheid, hy swat Physio by Tygerberg Medies. So dis my Sprokiesverhaal, die een wat ek nogsteeds beleef, en als so te danke aan ons Wonderlik Vader:) Dankie vir julle tyd, en dan ek my storie kon vertel, dis tog my gunstelling verhaal!!!

  • Ronel Reynders

    Manne, manne, manne! My lewe is omring deur mansmense! Dis nou my liewe man van bykans 20jaar en my drie seuns. Daar is min pienk in my lewe – behalwe my lipstiffie en pajamas – maar ek is mal daaroor. Om my eie identiteit te behou het my lewenspassie geword soveel so dat ek opnuut op amper 42 verlief geraak het op myself en wie ek nog gaan word! Vir baie jare het ek myself aan bande gelê met eindelose, moeisame en afbrekende gedagtes in my kop, maar vandat ek doelbewus my gedagtes nuut gemaak het, floreer ek op my nuwe selfbeeld en gedagtegang. Vandat ek nuut begin dink het, is ek 10kg ligter; fikser as ooit tevore – ek draf met gemak 10km – ; het ek my eie besigheid begin en is ek baie meer interessant vir my man en vriendinne. In kort – ‘n wêreld het vir my oopgegaan toe ek opgehou het om elke minuut van die dag te dink oor alles wat fout is met my. Dis eintlik ‘n baie selfgesentreerde lewenswyse as ‘n mens ‘n swak selfbeeld het. Dankbaarheid is iets wat ek nou dikwels in een dag ervaar vir soveel fasette van my lewe. Dankie dat ek nie meer 25 is nie (‘n mens weet NIKS dan nie), dankie vir my gesondheid (liggaam, siel en gees), dankie vir ‘n onvolmaakte gesin (ons maak foute en dis ok!), dankie vir baie flou grappies – my lagplooitjies herhinner my daaraan dat daar altyd iets is om oor te lag! Ek vind deesdae my vreugde in gewone dinge en staan verstom dat die lewe vir so lank verby my gegaan het. Oudword maak my nie meer bang nie – eerder opgewonde!

  • Liz-Mari Carstens

    Dit was die eerste dag van hoërskool en die klasse is alfabeties uitgelees. My nooiensvan was Du Plessis – my groot liefde is ‘n Carstens. So beland ons elke eksamen in standerd 6 OF langs mekaar OF hy voor en ek agter hom. Ons bly ook naby mekaar, so as ons fietsry huis toe ry hy gereeld windmakerig verby terwyl ek my fiets rooigesig teen een van die wilde bulte in Oudtshoorn uitstoot.

    Tot hy eendag stop… en met my begin gesels.

    Dis die 24ste Junie twintig jaar gelede dat hy my gevra het om sy meisie te wees. Ons is al tien jaar getroud en het ‘n 8 jarige dogtertjie. Hy is nogsteeds my beste vriend en ek is nogsteeds sy enigste meisie.

  • Dionne

    Mmm,hoe som ek my lewe en liefdes nou op…..6 maande gelede het dit handomkeer verander…..ek is moeg, voel 10 jaar ouer, weg is die werkspakkies, lang gemanikuurde naels, die hoehak skoene…..deesdae dra ek nie eers skoene nie,dit raas te veel as ek die gange op en af sluip om nie die bondeltjie te steur nie….jip…dis reg….ek het n ma geword!! My hare kort n kleur, my lyf n masseer, my man en ek val saans in die bed, slaan die lig af en hoop vir ten minste n volle uur se slaap voor bondeltjie weer roer…..maar sal ek dit vir enigiets verruil?? Nog nooit as te nimmer…..dit vat net een sopnat, pruilbekkie glimlaggie en die naels,klere,skoene,massering is vergete…..die gevoel van liefde wat in my broei verruil ek vir niks in die wereld……als het verander…..en gee ek om? NEVER!

  • Elsa Esterhuizen

    My storie: Ek was jare gelede geskei en het glad nie in ‘n verhouding belang gestel nie. ‘n Vriendin het iemand na my gestuur en ek moes hom noodgedwonde die aand onthaal. Ek is toe op die punt om vir my ouers te gaan kuier wat in Bellville bly. Die man bied toe aan om my na die stasie te neem en op die trein te gaan sit. Ek was so 3 dae met vakansie toe bring my Moeder vir my pos en daar is die mooiste kaartjie in. My moeder was so opgewonde en het elke dag die posbus dopgehou, want die kaartjies het ingestroom met die mooiste woorde. Na so ‘n week of wat toe lui die voordeur klokkie en daar staan die man in my Moeder-hulle se deur met die grootste ruiker wat hy in Bellville kon kry. Hy het dwarsdeur die nag gery om my te kom verras. Ons het toe nog vakansie in die Kaap gehou en is toe terug Gauteng toe. Ek en hy het beter bevriend geraak en is later getroud. Almal was so opgewonde en bly. Ek het op die wolke gesweef en alles het net goed gegaan. Ons is die wonderlikste maats. Ek het ‘n seun uit my vorige huwelik gehad en die was so bly hy het ‘n Pa. Ons het vier jaar na ons troue ons seun saam gehad en toe is almal weer baie opgewonde want my man het nie kinders gehad nie.
    Nodeloos om te se ons liefdes verhaal gaan vandag nog aan na 30 jaar van getroude lewe. Ons kinders is groot en almal is baie lief vir hulle Pa wat die dierbaarste mens op die aarde is.

  • Loraine

    My lewe is soos die Engelsman se "boring". Ek verlaat die huis soggens om 6.30 nadat ek die skottelgoedwasser gepak het and die wasgoed opgehang het. Ek is ‘n onderwyseres wat sukkel om kinders met min waardes opgevoed te kry. Smiddae stap ek by om 4 uur by die huis in, sit my sak neer en begin dadelik om die skottelgoed uit te pak en wasgoed wat stokstyf deur die son gebak is van die draad aft te haal. Dan begin die ondankbare kosmaaksessie. Met ‘n man en 3 seuns wat vol fiemies is, gaan dit maar moeilik. Dan kan ek eers begin ontspan met ‘n koppie koffie en Facebook. So haal ek gou alle nuus in, kyk die oggend se Egoli wat ek opgeneem het en wonder oor die lewe. Ons eet vroeg want almal is honger. Die strykplank, strykyster en ‘n beker water word kamer toe gedra sodat ek tydens Binnelanders en die nuus gou die strykwerk kan afhandel. Al luuksheid wat ek het is my 15 minute in die bad. Daarna klim ek met my skootrekenaar in die bed en skep interessante werkvelle vir die kinders. So tussen in hoop ek my seuns kry die luiste vrouens eendag sodat hulle bietjie kan werk en ek wonder waarom ek ooit my seuns alles gegee het wat ek nooit as kind gehad het nie.

  • Elsie Esterhuizen

    Hallo Sarie Redaksie en lesers!
    Ek is ‘n 50 jarige ma van drie volwasse kinders waarop ek besonder trots is. Ja, ek weet ons is almal trots op ons kinders! Dis net dat ons deur ongelooflik baie drama en trauma is. Ek en my jongste twee kinders het selfs al vier dae (en nagte!) in ‘n polisie-stasie deur gebring omdat my gewese man ons wou skiet. Daarvandaan het ons na ‘n skuiling vir haweloses gegaan waar ons vir 8 maande gebly het, maar omdat ek nog altyd geweier het om my standaarde te verlaag om by ander aan te pas, het ek besluit om liewer weer my gewese man te trotseer.
    Dit het nie gewerk nie en met vriende se hulp het ek verhuis en naby my dogter gaan bly. My dogter het finansieel bygedra, maar dit het moeilik gegaan. Toe word die woonstelgebou waar ek gehuur het aan die hospitaal verkoop en ander blyplek in Thabazimbi was onbekostigbaar… Ek was verplig om my twee seuns in die koshuis te sit en weg te trek na ‘n buurdorp wat ‘n ou myn-gemeenskap was. Daar is 2 kafees, 1 drankwinkel en ‘n paar kroee. Soos dit meestal in klein gemeenskappies gaan, was dit onmoontlik om werk te kry. Die groot rede is dat ek liggaamlik gestremd is. Ek lei aan ‘n neurologiese siekte bekend as ‘Charcot-Marie-Tooth-disease’. Dit vereger met die tyd en my beweeglikheid is ernstig ingeperk. Tog moes ek iets doen om my seuns te onderhou en het uit desperaatheid begin koeksisters bak. Ek’s nou nogal bekend vir my koeksisters hier in die Bosveld!
    As ek na my kinders kyk en sien hoeveel hulle alreeds bereik het, dan dank ek die Here vir hul deursettingsvermoens en dat hulle my kinders is.
    Daar is ook nou ‘n man in my lewe wat my soos sy koningin behandel en ek het altyd gedink dit gebeur net in sprokies….!

  • Elmarize

    Sjoe, dis so moeilik om ‘m mens se lewe en liefde in ‘n paar woorde op te som. Myne begin amper 23 jaar gelede. Ek het groot geword in ‘n gesin waar ek toegegooi is met baie liefde, die lekkerste lag-tye, ongelooflike familie vakansies en net die beste kwaliteit gesinstyd. Ons het soveel ongelooflike tye gedeel, en deel dit steeds, dat dit vir my baie moeilik is om daaraan te dink dat ek nou moet begin groot word ;)

    Die liefde is net so ‘n lekker storie. Dit begin bietjie meer as sewe jaar gelede. Hy was nuut in die skool en in my klas. Volgens hom het hy dadelik hierdie vaal meisietjie wat so skuins agter hom gesit het raakgesien al het sy haar bes gedoen om hom te ignoreer. Hy was die klas hanswors en gewoonlik vinnig in die moeilikheid en ek die "goody-two-shoes" hoofmeisie. Dit het hom ‘n hele jaar van hofmakery gekos, maar uiteindelik het die skaam dogtertjie voor sy sjarme geswig. Nou se jaar, twee maande en baie interessante tye later, sommige goed en ander nie heeltemal so goed nie, is die doemprofete se monde gestil. Ons het 5 dae gelede verloof geraak en is meer verlief as ooit en baie opgewonde oor wat die toekoms inhou. Ek word op die hande gedra en kan net dankie sê aan ons Hemelse Pappa vir hoe dinge uitgedraai het.