SKERMGREEP Youtube /Mode

SKERMGREEP Youtube /Mode

Hieroor praat mense

VIDEO: 100 jaar van swemklere op lyf geverf

Ooit gewonder hoe swemklere oor die jare verander het? Van baaibroek tot bikini, kyk net hoe het dit deur die jare gelyk.

Die webtuiste Mode het ’n video gemaak waar verskeie swemklere op een model geverf word. Jy lees reg! Die swemklere is op haar gevérf.

Van 1916 tot 2016, die gedaanteverwisseling van die baaikostuum: 

Het jy geweet?

– Die grootste bikini-parade nog is in 2009 in Johannesburg gehou. Die vroue het dit gedoen om mense meer bewus te maak van borskanker.

– Die wêreld se duurste bikini kos $30 miljoen (sowat R431 miljoen). Dis ontwerp deur Susan Rosen en bestaan uit meer as 150 karaat diamante, berig Express UK.

–  In Australië staan swembroeke bekend as cossies.

– Marilyn Monroe het vir die laaste keer in ’n bikini verskyn in die rolprent Something’s Got to Give (1962)

– Die bikini is genoem na die Bikini-ringeiland (atoll) in die Noordelike Stille Oseaan waar die VSA die atoombom getoets het. Hoekom? Nes die atoombom het die bikini ook ’n geweldige impak op dié land gehad.

Lees nou

Kyk hoe lyk die wêreld se mooiste kind nou!

Oud-Springbok trek saam met gesin Engeland toe

Honde kan verstaan wat jy sê!