Screen Shot 2015-09-01 at 11.53.42 AM
Hieroor praat mense

VIDEO: 4,5 m-haai laat nuusleser sprakeloos

Dié video wys hoe ’n enorme 4,5 m groot witdoodshaai uit die water spring. Ná die bekende Australiese nuusleser Karl Stefanovic die insetsel op die nuuskanaal Today gesien het, het hy woordeloos na die kamera gjhnestaar voor hy gesê het hy sal nooit weer in die see swem nie. Sy mede-aanbieder, Lisa Wilkinson, het duidelik sy gevoel gedeel.

Dickie Chivell, ’n diepseeduiker, het die video geneem met nuwe tegnologie wat bekend staan as die Hornet, wat bo en onder die water se oppervlak kan afneem. Die Hornet is ’n vaartuig wat jou teen haaie beskerm.

Kyk die video hier:

Lees ook

__________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER