FOTO: YouTube  Erin Solari

FOTO: YouTube Erin Solari

Hieroor praat mense

VIDEO: 93-jarige man sing vir sy sterwende vrou

Om afskeid te neem, is nooit maklik nie.

Erin Solari het ’n video op YouTube en haar Facebook-blad gedeel wat wys hoe haar 92-jarige oupa, Howard, vir haar 93-jarige ouma, Laura, op haar sterfbed sing.

Rosemary Clooney en Harry James se liedjie “You’ll Never Know” is baie spesiaal vir dié paartjie en hulle sing dit die afgelope sewe dekades reeds vir mekaar.

Heelwat mense het kommentaar op die video gelewer: “Ek hoop dat ek en my toekomstige vrou ook in ons 90’s so verlief sal wees,” het een man geskryf.

Kyk hier na die hartroerende video wat al meer as halfmiljoen keer gekyk is

Lees ook