Die nuwe standbeeld van Madiba voor die Uniegebou in Pretoria FOTO: Instagram (@priscillaqd)

Hieroor praat mense

VIDEO: die Pretoria van die 50’s en van vandag

Die Jakarandastad is bekend vir sy groot bakens – van die Voortrekkermonument en Uniegebou tot Kerkplein … hoeveel het Pretoria se skoonheid in 60 jaar verander?

Danksy nuwe video’s wat die webblad Travelstart.co.za gemaak het, kan jy nou sien hoe Pretoria deesdae verskil van hoe dit in die 50’s gelyk het.

Die webblad, wat jou help om jou reise te beplan, het kort video’s gemaak wat wys hoe vier van Suid-Afrika se grootste stede in 1954 gelyk het en hoe dit deesdae lyk. Nou kan jy self besluit hoeveel Pretoria, Kaapstad, Johannesburg en Durban oor die afgelope ses dekades verander het.

Kyk hier na die ooreenkomste en verskille in Pretoria!

Nóg stede uit die 50’s

Wat dink jy? Sal die Jakarandastad ooit werklik anders lyk? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad

Bronne: Beeld & Travelstart.co.za