FOTO: Phyllis Green

Hieroor praat mense

VIDEO: Hou op jammer sê!

Baie vroue vra om verskoning vir goed waarvoor hulle nie hóéf verskoning te vra nie – jammer oor my deurmekaar huis, jammer oor my voorkoms, jammer hieroor, jammer daaroor … Maar dié veldtog wil hê dit moet stop.

’n Nuwe veldtog van die haarprodukreeks Pantene wys hierdie onnodige jammer-sê-tendens onder vroue. En hulle moedig vroue aan om op te hou verskoning vra vir dít wat nie hulle skuld is nie.

Kyk na dié advertensie-veldtog hier:

Stem jy saam? Dink jy vroue vra te dikwels onnodig om verskoning vir dinge? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!