VIDEOGREEP: YouTube

VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

VIDEO: Liefde sonder grense

Liefde sonder grense. Dít is die eenvoudige, tog noodsaaklike boodskap van ’n virale video wat deur Ad Council, ’n Amerikaanse nie-winsgewende organisasieop YouTube gedeel is. 

Wat is liefde? Vra jy tien mense dan kry jy seker tien verskillende antwoorde. Dit is dus makliker om te sê wat liefde beslis nie is nie. Hierdie video wys dat liefde nie in ’n boks geplaas kan word nie. Die liefde diskrimineer nie – nie op grond van geslag, ras, gebrek, ouderdom of godsdiens nie.

Die Love Has No Labels-video wat binne twee dae meer as 1.5 miljoen keer gekyk is, is op Valentynsdag in Kalifornië verfilm. ’n Skare kyk toe hoe verskeie paartjies agter ’n groot X-straal-masjien mekaar liefkoos. Almal lyk dieselfde agter dié skerm, maar wanneer hulle voor die skerm staan, sien jy eers die verskille raak.

Volgens dié veldtog se webtuiste is ons nie altyd bewus van ons eie vooroordele nie: “Baie van ons oordeel ander op grond van wat ons sien – hetsy ras, ouderdom, geslag, godsdiens, seksualiteit, of gestremdheid.”

Lees ook