Die waterfront in Kaapstad, soos dit deesdae lyk FOTO: Instagram (@sbezzie)

Hieroor praat mense

VIDEO: Só lyk Kaapstad 60 jaar later

Het jy Kaapstad geken voordat die kus deur reuse-wolkekrabbers omring is? Kan jy glo hoe baie dié stad in 60 jaar verander het?

Travelstart.co.za se nuwe reeks video’s wys presies hoeveel Suid-Afrika se groot stede sedert 1954 verander het. Verkeerskonstabels is deur verkeersligte vervang, stede is uitgebrei en wolkekrabbers is opgerig.

Die webblad, wat jou help om jou reise te beplan, wys jou nou hoe vier van Suid-Afrika se grootste stede in 1954 gelyk het en hoe dit deesdae lyk. Nou kan jy self besluit hoeveel Pretoria, Kaapstad, Johannesburg en Durban oor die afgelope ses dekades verander het.

Kyk hier na die ou én die nuwe Kaapstad!

Nóg stede uit die 50’s

Wat dink jy? Sal jy die Moederstad herken as dit weer 1954 is? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad

Bronne: Beeld & Travelstart.co.za