Hieroor praat mense

VIDEO: Man spaar sedert hy 12 is vir ‘perfekte verlowing’

Die Amerikaner Levy Randolph spaar al vanaf hy ’n 12-jarige seuntjie is om sy droomvrou te vra om te trou.

En toe hy vir Tifanny Rogers ontmoet, het hy geweet sy is die een waarop hy dié spaargeld wil spandeer.

En oudergewoonte met dié tipe verlowings waarvan die video viral op die internet gaan, is dit hoe groter hoe beter: Van ’n limosien-rit, salon-besoek en sy kon selfs haar eie rok vir dié groot oomblik kies. Hierdie verlowing bevat al die elemente van ’n hedendaagse sprokie.

Volgens Huffington Post het Levy die “skattejag”-verlowing vir 17 maande beplan en het hy het selfs Tifanny se familie en vriende se hulp ingegroep.

Candle Light Films het dié oomblik vasgevang. Wat dink jy? Bietjie te veel, of net romanties genoeg? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Die video wat almal aan die praat het:

The Perfect Proposal from CandleLight Films on Vimeo.

Bron: Huffington Post

Lees ook