VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

VIDEO: Olifantkalf met haar ma herenig

Dit is al ’n paar keer op kamera vasgevang – ’n Olifantkalfie val in ’n gat en sukkel om te ontsnap. Maar dié video van ’n reddingspoging in Kenia waar die werkers van die park moes hand bysit, wys net hoe sterk is die band tussen kalfie en ma.

Die jong kalfie het in ’n gat geval en het nie genoeg krag om self uit te kom. Ook die groter olifante kan haar nie red nie. Maar nadat die werkers van Amboseli Trust for Elephants ingegeyp het, kan die kalf nie wag om weer by haar ma uit te kom nie.

En die hereniging tussen die diere is iets wat aan die hartsnare trek. Kyk dit hier:

(Die hereniging ná die dramatiese reddingspoging begin by 04:20)

 Nóg viral-video’s op SARIE.com