Idris Elba as Nelson Mandela

Hieroor praat mense

VIDEO: ‘Rock’-groep skryf lied spesiaal vir Mandela-film

Die Ierse rock-groep U2 se eerste lied in 3 jaar is spesiaal vir Nelson Mandela se biografiese film geskryf.

Die langverwagte biografiese film Mandela: Long Walk To Freedom is al lank in wording, maar Madiba het net een man met die regte van dié film oor sy lewe vertrou – die Suid-Afrikaanse fliekman Anant Singh. Nou het die internasionaal bekroonde groep U2 spesiaal die lied “Ordinary Love” – hul eerste lied in 3 jaar – vir dié fliek opgeneem.

Mandela-film: Só lyk die plakkaat

U2, en veral hul hoofsanger Bono, is bekend vir politieke en sosiale aktivisme. Hulle is ook gereeld by Madiba en sy liefdadigheidswerk betrokke. Een van die groepslede, die basspeler Adam Clayton, het ook verklap dat dié groep teen die einde van November ’n nuwe album gaan bekendstel. Dié lied gaan op die nuwe album verskyn.

Kyk hier na die lokprent van Mandela: Long Walk To Freedom waarin U2 se liedjie “Ordinary Love” speel:

Bron: FilmContact.com