FOTO: Phyllis Green

Hieroor praat mense

VIDEO: Teddiebeer ontmoet sy nuwe beste vriend

Dié paartjie het ’n kreatiewe video gemaak om hul pasgeborene se koms te vier… en die wêreld is gek daaroor!

Die Amerikaanse paartjie Chris en Aimee Knutson het ’n video gemaak waarin hul teddiebeer opgewonde uitvind dat Aimee swanger is en nie kan wag om hul eersteling, Henry, te ontmoet nie.

Dié video, “Teddy Bear Meets Best Friend”, is besig om viral te gaan sedert dit op 12 Junie opgelaai is.

Chris en Aimee het volgens Daily Mailtussen 60 en 80 ure aan dié video gewerk. Chris het die inspirasie vir die video gekry kort nadat hy die teddiebeer op die internet gekoop het om sy vrou se swangerskap te vier.

“Ons het dit net vir Henry gedoen,” sê komediant Chris. Daarom het hy en Aimee doelbewus besluit om nie hul gesigte in die video te wys nie. “Selfs die idee om dit op die internet te deel, het my eintlik bietjie gespanne gemaak,” vertel Chris aan Daily Mail, wat tog besluit het om die video te deel omdat hy so trots is daarop.

Dié trotse ouerpaar van Minneapolis in Minnesota beplan om nóg video’s te maak. Kyk hier na die video van klein Henry se ontmoeting met sy teddiebeer:

Bron: Daily Mail

Nóg inspirerende video’s op SARIE.com