FOTO: Screengrab Youtube

Hieroor praat mense

Tiener inspireer wêreldwyd ná gru-ongeluk

Liz Marks se ma, Betty Marks, was bekommerd dat sy betrokke sou raak met dwelms en die verkeerde vriende. Maar dit was haar selfoon wat haar lewe onherroeplik sou verander.

Dit was ’n sekonde terwyl sy afgekyk het om ’n SMS te lees terwyl sy bestuur het. Dit was ’n sekonde wat haar lewe verander het.

Voor die motorongeluk was Liz Marks se tienerlewe baie naby aan perfek – sy was mooi, geliefd onder haar vriende en het goed gedoen op skool… En soos die meeste tieners was sy permanent besig op haar foon – selfs terwyl sy bestuur. Ironies genoeg was dit ’n SMS van haar ma wat sy gelees het toe die ongeluk gebeur het. Sy vertel:

“Ek is nou blind in een oog, ek kan nie ruik nie en kan ook nie baie goed hoor nie omdat een van die beentjies in my oor gebreek en my oordrom gesny het. Ek kan nie huil nie, omdat my traankliertjies beskadig is […] Die moeilikste deel van my lewe nou is dat ek alleen is, almal het gaan studeer en ek kan nie…”

Maar Liz en Betty het besluit om dié ramp in iets inspirerend te verander. Saam maak hulle ander bestuurders bewus van die gevare van SMS en bestuur. Hulle organisasie, Don’t Text and Drive 4 Liz Marks, lewer praatjies by skole en skep bewustheid onder tieners oor die gevare van selfoon-gebruik terwyl jy bestuur.

Dié video is deel van hul veldtog, en het vinnig oor die internet versprei. Dit is al byna 2 miljoen keer gekyk:

Besoek Don’t Text and Drive se Facebook-blad HIER.

Bron: Upworthy