VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

VIDEO: Tot siens vir sosiale media?

Daar is ’n nuwe YouTube-video wat die wêreld aan die praat het – dié keer omdat ’n skrywer ons aanraai om ons digitale wêreld van sosiale media agter te laat.

Gary Turk se veelsproke video, Look Up, is al meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk sedert dit op 25 April gedeel is. In dié video dra Gary, ’n skrywer en regisseur, ’n gedig voor waarin hy mense vra om op te kyk van hul slimfone af, om op te kyk van die wêreld van sosiale media af. Volgens hom sal die lewe by jou verbygaan as jy in jou digitale wêreld vasgevang bly.

YouTube gons oor dié kinderster

Hy het meer as 400 vriende, maar hy is steeds eensaam, sê Gary. Hy verduidelik dan dat die vriendskappe wat jy in die digitale wêreld bou nie dieselfde waarde het as dié waar jy jou vriende in die werklikheid sien nie.

Oulike video: twee vriendinne gesels oor popkultuur

Intussen wissel die wêreld se reaksie op die video – sommiges voel so geïnspireer dat hulle hul lewens wil verander. Ander meen weer dis ironies dat Gary ’n video op YouTube gebruik om ons te oorreed om ons digitale wêreld agter te laat.

Het dié celeb-selfies te ver gegaan?

Kyk die video hier:

WAT DINK JY? STEM JY SAAM MET GARY? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.

BRON: The Independent