ys4f9206
Hieroor praat mense

Vier Wêreld-boekdag

Dit is wat boeke en lees vir skrywer Nicole Jaekel Strauss beteken. Haar boek, Maal, (Queillerie, R185)  is pas benoem as ‘n finalis vir die Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk deur ‘n Afrikaanse skrywer. Haar boek is ook deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die Eugène Maraisprys.

23 April is Wêreld Boek Dag en om dit te vier kan jy mense wat nie toegang tot boeke het nie help deur ’n pakkie van 4 boeke vir net R60 by Exclusives te koop en dit te skenk. Jy kan dit of aan ’n organisasie van jou keuse gee of vir Exclusives vra om dit aan ’n minderbevoorregte skool te skenk. Die opbrengs van die boekpakkies gaan aan Heartlines.  Doen jou deel vandag en vier die dag met boeke!