FOTO Instagram / @violadavis

FOTO Instagram / @violadavis

Hieroor praat mense

Viola Davis as kind geboelie

Om geboelie te word kan een van die mees traumatiese ervarings vir ’n kind wees. Elke ouer hoop hul kind is nie ’n slagoffer nie – of dalk erger, die een wat die boeliewerk doen.  

Die Oscar-benoemde Viola Davis het onlangs verklap dat sy as kind vreeslik geboelie is. Sy het op Jimmy Kimmel Live! vertel hoe sy dikwels moes weghardloop en hoe die boelies haar hare getrek het.

“Die oomblik as ek weet skool gaan weer begin, moes ek weer myself voorberei, want ek moes vir die boelies weghardloop,” het sy vertel.

Viola vertel hoe die boelies nou ewe skielik haar vriende op Facebook wil wees. Sy het lekker gelag oor dié tyd in haar kinderlewe. Kyk die insetsel hier:

Die beeldskone rooikop Jessica Chastain het in 2014 verklap dat sy op skool geboelie was.

“My klasmaats het elke dag vir my gesê dat ek lelik is en niemand wou my maat wees nie,” het sy aan Glamour gesê.

Ive always loved butterflies…. Portrait for @MadameFigarofr #BenoitPeverelli #cannes2016

A photo posted by Jessica Chastain (@jessicachastain) on

AS JOU KIND GEBOELIE WORD . . .

Hier is raad wat jou kind kan help:

– Moenie vir hom wys jy is ontsteld nie. Dis wat hy wil hê.

– Wees ferm en selfgeldend.

– Soms help dit om ’n boelie se aanmerking in ’n grap te omskep.

– Onthou, jy is nie die een met die probleem nie, die boelie is.

– Verbeel jou jy het ’n rubbermuur om jou en alles wat die boelie doen of sê, bons na hom terug.

– Moenie toelaat dat die boelie jou van jou geluk en selfbeeld beroof nie.

– Moenie wraak beplan nie, dan daal jy na sy vlak.

– Vermy die plekke waar die boelie jou voorlê en moenie alleen rondloop nie.

– Moenie duur items en geld skool toe neem nie en merk jou besittings met ’n permanente merkpen sodat jy dit later kan uitken.

– Hou jou kop regop, lyk selfversekerd.

– Boelies hou daarvan om voor trawante te wys hoe sterk hulle is. Hulle is nie so dapper as hulle alleen is nie.

– Leer om trots te wees op dit wat jou anders maak. Jy is ’n individu.

– Maak nuwe vriende by klubs en op uitstappies.

(Bronne: Marlet Vosloo, kindersielkundige van Randburg, en It’s My Life)

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

AS JOU KIND DIE BOELIE IS . . .

Jou kind het ook hulp nodig:

– Neem kennis van die probleem en wees bereid om aan jou kind se probleem te werk.

– Dink na wat die oorsaak van jou kind se gedrag kan wees. Gee jy genoeg aandag en is jy betrokke? Watter voorbeeld stel jy? Hoe praat jý met ander en hoe praat julle as gesinslede met mekaar?

– As jou kind se aggressie jou bekommerd maak, neem hom na ’n sielkundige sodat hy onder meer kan leer hoe om stres en emosies van woede en teleurstelling te hanteer. Sy sal jou kind kan leer hoe om empatie met ander te hê.

Moenie tuis etikette soos rassisme en lelike name vir ander mense soos “ou rooikop”, “vettie” of “domkop” aanmoedig nie.

– Moet ook nie jou kind as “boelie” brandmerk nie. Stel eerder vas hoekom hy boelie.

– As jy nie iets aan die probleem doen nie, kan jou kind gebrandmerk en uitgestoot word. Leer hom dat geweld, manipulasie an afknouery nie die regte manier is om teenoor ander op te tree nie.

(Bron: Opvoedkundige sielkundige Tania Holz)

Lees nou

Die nuwe gróót trend op Instagram

Candice Swanepoel kry haar seuntjie

Leef nóú jou drome uit – Bertha le Roux