ano
Hieroor praat mense

Video van anoreksie-lyer gaan viral

Health24 het vandag dié video gedeel van die 27-jarige Amerikaner Rachael Farrokh wat vinnig besig is om op die internet te versprei.

Hierin pleit sy vir fondse sodat haar man, Rod, kan bekostig om haar na ’n hospitaal te neem. Die hospitale in hul omgewing in Kalifornië kan haar nie meer help nie omdat sy té min weeg.

Rachael is sowat 1,7 m lank en weeg 18 kg – volgens Health24 is dit die gemiddelde gewig van ’n 4-jarige.

Rod het ’n Go Fund-bladsy gestig om fondse in te samel. Hy moes sy voltydse werk los om as Rachael se versorger op te tree. Mense het vinnig gereageer op dié video en dit al baie gedeel. Hulle het ook al $50 930 (sowat R603 319) ingesamel – net oor die halfpadmerk vir hul beoogde $100 000 (sowat R1,1 miljoen). Hulle het dié bedrag in 21 dae ingesamel.

Kyk na haar video HIER:

Lees meer oor anoreksie en die oorsake HIER

Het jy al aan ‘n eetsteurnis gely?

  • JA
  • NEE

Bron: Health24