VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

Virale video van die dag: Kiekeboe maak baba bang

Nadat ’n pa sy baard te midde van die speletjie kiekeboe afgeskeer het, het sy dogter nie geweet wie dié “nuwe” man is nie.

Bradley Bailey en sy vrou het ’n video geneem terwyl hy kiekeboe met hul dogtertjie gespeel het. Maar dié speletjie het nie geëindig soos hulle verwag het nie …

Toe Bradley sy baard in die middel van die speletjie gaan afskeer, het sy dogter hom nie meer herken nie. Kyk na dié gewilde video hier: