FOTO Facebook / Associação Chapecoense de Futebol

FOTO Facebook / Associação Chapecoense de Futebol

Hieroor praat mense

Vliegtuig-tragedie: 4 was toe nie aan boord nie

Vier van die passasiers op die vliegtuig wat gister tragies in Colombia neergestort het, was toe nooit aan boord nie. Een van dié vier was ’n speler van die Chapecoense-sokkerspan wat die vlug verpas het. 71 mense is oorlede en 6 het dié tragedie oorleef.

Die span was op pad om die grootste wedstryd van hul loopbaan te speel: teen Atlético Nacional in die eindronde van die Copa Sud­americana, Suid-Amerika se naasbelangrikste klubkompetisie.

Drie van die ses oorlewendes was sokkerspelers en die ander ’n joernalis, ’n lugwaardin en ’n vlugtegnikus.

Dieselfde vliegtuig het vroeër dié maand die nasionale sokkerspan van Argentinië vervoer.

Volgens The Sun is een van die vier wat nie aan boord was nie, die Chapecoense-afrigter Caio Junio se 25-jarige seun, Matheus Saroli. Hy het die vlug verpas omdat hy sy paspoort by die huis vergeet het.

Sy pa is een van die 71 oorledenes.

Matheus het op Instagram die tragiese nuus gedeel en gevra dat hy kans kan kry om te rou.

Een van die slagoffers, ook ’n sokkerspeler, het ’n week tevore uitgevind hy gaan vir die eerste keer pa word. Tiago da Rocha Vieira was net 22 jaar oud.

Lees nou

Ruan Wessels oor boelies: ‘Dit was tough’

Seuns, meisies se brein verskil ná trauma

Bekendes wys hul plooie en merke