FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Vloedgevaar: Parys se Louvre gesluit

Die stad van liefde se Seine-rivier het gister uit sy nate gebars en begin oorstroom. Om te verhoed dat 30 000 historiese kunswerke vernietig word, het Parys se Louvre-museum aangekondig dat sy deure vandag gesluit word.

Kunswerke in die onderste stoorkamers en grondvloere gaan na die boonste vloere verskuif word, ’n proses wat tussen drie en vier dae kan duur, berig The Independent.

Groot dele van Europa het die afgelope week erge stortreën beleef. Duisendes het van hul huise in Frankryk gevlug, berig RT. En Donderdag het die Franse president François Hollande Frankryk ’n noodtoestand verklaar.

In 1910 het die Seine se watervlak met 8 meter gestyg en eers ná 35 dae opgeklaar. Teen Donderdag (gister) het die rivier reeds met meer as 5 meter gestyg, en daar is waarskuwings van stygings ver bo 6 meter oor die naweek.

Vir die volledige storie lees The Independent.

Frankryk huisves vanjaar die UEFA-sokkerkampioenskappe wat volgende week begin.

Kyk hoe vloede Europa teister

Lees nou

Eerste Zika-baba in Amerika gebore

Everest-slagoffer: Man blameer homself