Hieroor praat mense

Voed jou sintuie

Senuwees koppel die sintuie, brein en spiere aan mekaar en vorm letterlik paadjies wat gereeld gebruik moet word, anders verloor jy die werking daarvan, verduidelik dr. Melodie de Jager, skrywer van die boek Die glinster in my grysheid, wat onlangs verskyn het.

“Onthou jy hoe werkers paadjies deur lang gras tussen die huis en hul werk uitgetrap het en dat hoe meer gereeld hulle dieselfde paadjie gestap het, hoe flinker kon hulle stap? Jou sintuie, brein en spiere werk ook so.

Die gereelde gebruik en gereelde oefening daarvan hou jou denke helder wakker.” Melodie is die ontwikkelaar van Mind Moves, ’n stel oefeninge wat geskik is vir mense van alle ouderdomme en grade van fiksheid.

Dié oefeninge help om jou sintuie sowel as jou verstand helder te hou.