Screen Shot 2015-10-02 at 12.51.17 PM
Hieroor praat mense

Volhoubare ontwikkeling is moontlik – deel die boodskap!

Verbeel jou ’n wêreld sonder armoede, ’n planeet met ’n stabiele klimaat, en ’n globale gemeenskap wat in vrede saamleef.

Unilever beywer hom om 7 biljoen mense met dié boodskap te bereik.

Op 25 September vanjaar het 193 wêreldleiers hulself daartoe verbind om oor die volgende 15 jaar 3 buitengewone dinge te bereik: Die einde van ekstreme armoede, om ongelykheid en onregverdigheid te beveg, en om klimaatsverandering te bekamp. Hulle het 17 ‘Global Goals’ opgestel om dít te bereik.

Screen Shot 2015-10-02 at 12.50.51 PM

As dié doelwitte bereik word, sal dit goed wees vir álle lande en vir álle mense.

Nadat die Verenigde Nasies (VN) dié doelwitte opgestel het, moet elke mens dit op hom- of haarself neem om die leiers verantwoordbaar oor dié beloftes te hou.

Nou moet die boodskap versprei word – die hele wêreld oor. As almal weet van die 17 doelwitte waartoe die wêreldleiers hulself verbind het, sal hulle bemagtig voel om saam te werk om dié doelwitte ‘n realiteit te maak.

Hier is ‘n paar name van invloedryke mense wat dié boodskap help versprei:

AR Rahman, Ashton Kutcher, Bill en Melinda Gates, G.E.M., Gilberto Gil, Jennifer Lawrence, Meryl Streep, Malala Yousafzai, One Direction, Haar majesteit koningin Rania Al Abdullah van Jordanië, Richard Branson, Robert Pattinson, Robert Redford, professor Stephen Hawking, VN se vredesboodskapper UN Stevie Wonder, Jennifer Lopez, Ed Sheeran, Pearl Jam, Coldplay, Beyoncé, TalkFine, Gareth Bale, Gary Lineker, Mikel Arteta en Liverpool FC…

Screen Shot 2015-10-02 at 12.51.28 PM

Unilever SA het SARIE genader en ons is trots om ons naam ook by dié lysie te voeg.

Die maatskappy glo die doelwitte kan bereik word deur die samewerking tussen die regering, besighede, gemeenskappe en individue. Unilever self het hulle reeds tot baie van die doelwitte verbind.

“Unilever wil sedert 2010 soortgelyke doelwitte bereik toe ons die Unilever Volhoubare Plan van stapel gestuur het,” sê Peter Cowan, Unilever SA se voorsitter en senior vise-president. “As ’n organisasie met die doel om ’n beter toekoms vir almal te skep, ondersteun ons die VN se Global Goals en sien uit om met ondernemings en die regering saam te werk om dít te bereik.”

Daarom het Unilever saam met Global Citizen gewerk met Project Everyone en vir SARIE gekontak om die wêreld van dié doelwitte te vertel.

Unilever, in samewerking met Global Citizen, het ook die musiekvideo Tell Everbody geskiet wat kunstenaars uit Afrika gebruik om dié boodskap oor te dra. Die kunstenaars wat in die musiekvideo te sien is, is Mafikizolo (Suid-Afrika), Yemi Alade (Nigerië), Diamond (Tanzanië), Sauti Sol (Kenia), Toofan (Togo), Becca en Sarkodie (Ghana). Dit is vervaardig deur die bekroonde Cobhams Asuquo (Nigerië), David KING DAVID Muthami (Kenia) en Ellputo (Mosambiek).

Lees meer oor Global Goals op hul webtuiste, Facebook- of Twitter-blad.

Die Global Goals sluit aan by Unilever se #brightFutureSA-veldtog. Lees meer oor dié veldtog op hul webtuisteFacebook-  of Twitter-blad en hul Youtube-kanaal.