FOTO Instagram/ @nikewoman

FOTO Instagram/ @nikewoman

Hieroor praat mense

Volpunte vir Nike se nuwe veldtog

Lang, bruingebrande bene en ’n plat maag. Dis die prentjie wat opkom wanneer jy aan ’n Nike-veldtog dink. Maar nou gons die kuberruim behoorlik, want dié vervaardiger van sportklere het sy deuntjie verander.

In hul nuutste veldtog vir sportbra’s is vroue met kurwes en groot borste ook te sien. Model Paloma Elsesser en joga-instrukteur Claire Fountain is met selfvertroue afgeneem.

Nike het nie die klem geplaas op die vroue se plusgrootte nie, maar eerder wenke gegee oor hoe om die regte sportbra vir jou figuur te dra.

Positiewe reaksies is op Instagram uitgelok.

“Nike, jy doen die regte ding! Regte vroue, regte kurwes,” het Zeeda Aziz geskryf.

Hou jy van Nike se veldtog?

  • JA
  • NEE

Lees nou

Brandmaer is uit, kurwes is in!

‘Mý lyf, mý saak’ – Jennifer Aniston, Ashley Graham en ander