sr1209voorblad_komp08
Hieroor praat mense

VOORBLADGESIG-FINALIS: Agter die skerms met Belinda Gantz

Wie is vir jou die mooiste vrou in die wêreld?

Charlize Theron. Sy’s so oud soos ek en sy lyk so goed!

Wat was jou grootste uitdaging nog?

My twee dogtertjies, Milïsha (7) en Aliska (2). Daar’s nie ’n handleiding nie, maar ek’s absoluut mal oor hulle!

Wie is die trotsste op jou omdat jy een van die tien finaliste is?

My sewejarige. Sy’t huis toe gekom van die skool af en gesê: “Mamma, ek het vir die juffrou gesê jy’s in die boek in.”

Wat is die mooiste aan jou gesig?

My oë. Baie mense vra of ek gekleurde kontaklense dra. Dis soms potblou, soms blougroen, soms lyk dit soos alien-oë.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Definitief op my troudag en met my kinders se geboorte. Om daardie klein lyfie in jou arms te hou, is net ongelooflik! [Vee trane af, lag]

KRY JOU SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE OM DIE ANDER FINALISTE TE ONTMOET EN STEM VIR JOU GUNSTELING!


  • Cecilia de Bruyn

    Ek dink Belinda behoort die Sarie voorblad te haal! Haar grootste bate is beslis haar mooi oë!

  • Nicky

    Rerig mooi foto van jou B

  • Ricky Vennard

    Sy is regtig pragtig.

  • Estelle van Dyk

    Pragtige vrou