sr1209voorblad_komp02
Hieroor praat mense

VOORBLADGESIG-FINALIS: Agter die skerms met Tana Ferreira

Beskryf jouself in een woord.
Edgy.

Hoe so?
Ek is nie ’n girly girl of ’n poppie nie. Ek is so ’n bietjie rock n roll.

Wat is die grootste kans wat jy al gewaag het?
Ek het my hare afgesny!

Jou beste skoonheidswenk vir lesers?
Smeer elke oggend sonskerm aan.

Wat is jou gunsteling-aanhaling uit ’n fliek?
“All it takes is 20 seconds of insane courage and great things will happen” uit die fliek We bought a zoo.

Watter woord gebruik jy te veel?
Die woord ‘soos’. Ek sal byvoorbeeld sê “Ek het gister soos die cool-ste ding gesien”.

Wat is jou kosbaarste besitting?
My ma het vir my ’n paar leerskoene gegee wat sy gedra het toe sy jonk was.

Wat laat jou lag vir jouself?
Ek is nogal silly. As ek ’n mooi liedjie hoor, verbeel ek my altyd ek is in ’n fliek en stap dan soos ’n model.

KRY JOU SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE OM DIE ANDER FINALISTE TE ONTMOET EN STEM VIR JOU GUNSTELING!

Stem


  • Elana Myburgh

    Ek ABSOLUUT Mal oor Tana se hare!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!