Hieroor praat mense

Voorsmakie van Kamersvol Geskenke

Kamersvol Geskenke is ’n vyfdaglange uitstalling van eksklusiewe, handgemaakte produkte.

Die produkte, wat elkeen deur ’n siftingsproses gaan om top-kwaliteit te verseker, bestaan uit onder meer ontwerpersklere, dekor, meubels, juweliersware en eksotiese disse. Kreatiwiteit word behoorlik gevier, en soos die naam sê, is dit letterlik kamers en kamers vol geskenke.

Dit is die grootste kreatiewe gebeurtenis in die Wes-Kaap en nou ook in Pretoria.

Deel in daardie kreatiwiteit en kry inspirasie om jou leefstyl ’n behoorlike inspuiting te gee! Dit vind van 25-29 Oktober 2011 op Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes plaas vir die Kapenaars en van 29 November tot 3 Desember by Open Window School of Visual Communication in Irene vir die mense in en om Pretoria.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R45 per persoon.

[box:<width>:<color>:<alignment>]

As Kamersvol Geskenke se mediaborg het ons saam ’n kompetisie waar jy ’n jaar se intekening op SARIE kan wen, klik vir meer inligting.

[/box]

Hesta du Plessis vertel meer oor die siftingsproses en wys sommer ’n paar foto’s van die lieflike goed wat wel gekies is.

Volg Kamersvol Geskenke op Facebook, Twitter of besoek www.kamersvol.com

  • A V D WALT

    Ongelooflik- dit is wonderlik as almal so kreatief is- laat sommer my hande jeuk om ook iets te doen

  • Ina

    Ek is mal oor Kamers vol geskenke maar ek dink dit is belaglik om te moet betaal om in te gaan. Hoe word dit regverdig (seker nie deur die ou tydskrifte in ‘n sakkie, wat ek alreeds klaar gelees het, nie)? ‘n Mens doen klaar die moeite om jou tyd en petrol geld uit te ry. Ek sal weer gaan, want dit is altyd ‘n lekker kuier saam met my vriendinne, maar dit is wragtig uitbuiting van die kreatiewe siele onder ons wat hulle weet hulle self nie kan keer om te gaan nie!!

  • retha du toit

    Kamersvol geskenke was die grootste oëverblindery waar ek nog ooit was. Die Irene Mark is slegs n kilometer daarvandaan en miskien moet die sgn artieste van Kamersvol bietjie daar gaan kers opsteek!! beide wat kreatiwitiet, kwaliteit en prys betref.

  • Elaine

    Ek moet saam met Ina stem. Ek ry ongeveer R150 se brandstof uit om daar en terug te kom, en dan wil ‘n mens nog graag ietsie koop en eet. Dit raak dan nogal duur, vereal in vandag se ekonomiese klimaat. Ek wil baie graag weer gaan, maar die toegangsgeld laat my twyfel.

  • Rochelle

    As jy lief eg S.A. handgemaakte top kwaliteit produkte "met ‘n twist" – so ietsie anders, trendsetters, ontwerpers deli produkte, dekor en geskenke met persoonlikheid is dit net die ding vir jou! ‘n Moet SIEN, moet DOEN, moet ERVAAR ondervinding! Die "price tag" mag dalk bietjie heftig klink MAAR om so ‘n produksie bymekaar te sit en "behind-the scene" organisering kan nie maklik en goedkoop wees nie – Net die massiewe mooiste wit marque tente vol die mooiste produkte+geskenke sal jou asem laat wegslaan en laat ooh en aah met verwondering. Dit is beslis die moiete werd. My Kersfees kous hang reg om volgestop te word!!!So ‘n gebeurtenis is slegs EEN keer per jaar en geskenke wat nie oral oor beskikbaar is nie. Dit is my kreatiewe inspuiting vir die jaar en trek my kuisie elke dag af op die kalender. VOLPUNTE VIR KAMERS- Kannie wag nie!

  • Kamers vol geskenke

    Retha, ons is baie opgewonde om hierdie jaar ‘n totaal nuwe Kamers in Irene aan te bied met ‘n reuse, stunning nuwe venue en hordes verskaffers met massas voorraad. Verlede jaar wou ons ‘n kleiner weergawe van die Kaapse event daar aanbied, maar die response was so oorweldigend dat jy versekerd kan rus dat hierdie jaar se event net so groot as die Kaapse Kamers sal wees.

    Elaine en Ina, ons waardeer julle terugvoer. Ongelukkig is dit nou eenmaal so dat daar so baie uitgawes is om die beste moontlike event vir almal te skep en dat logistiek teen ‘n koste kom. Daar is ‘n venue, tente, personeel en nog vele ander dinge om te huur en dan is dit maar nog die tippie van die ysberg van ‘n hele jaar se reëlings. ‘n Mens verwag tog nie van expo’s soos Decorex, Design Indaba of die Good Food and Wine Show om gratis toegang te gee nie? En dan is toegangskoste daar veel hoër as by Kamers. As mens kyk na wat Rochelle hierbo gesê het is dit sekerlik nie te veel gevra vir die hele ervaring van ‘n uitstappie soos Kamers nie…

    xxx

  • Chrishandra

    Moet beaam dat ek ook saamstem oor die toegangsfooi wat gevra word. Gelukkig is daar in Pretoria wonderlike markte wat al jare gevestig is, wat ek eerder sal ondersteun. Kamers is net ‘n "glorified" Irene mark en Unica mark. Ek het ‘n eie besigheid en vra nie my kliënte ‘n fooi om by my te kom koop nie. Al het ek huur en ander uitgawes om elke maand te betaal

  • Marietjie Burger

    Ons is nie so naby aan markte nie, en daarom is dit vir ons nie net die mark en die produkte nie – DIS DIE ERVARING ! Ons gaan die jaar met ‘n bus vol vrouens na die KAMERS by Irene (ons gaan 5 ure ry !!) – die kuier en die lag en die samesyn van vriendinne en die opgewondenheid van die ervaring van ander vroue se kreatiwiteit en sommer net die blessing van ‘n dag vir jouself is al genoeg !! Die fooi is te verstane. Ons plattelanders waardeer nog die BEDERF en beskou die lewe as ‘n "Journey" !! Dankie vir die organiseerders en SARIE daarvoor – ons sien uit !

  • Sindy

    Ek lief kamersvol! My jaarlikse inspuiting vir inspirasie! Mens gee so vinnig geld op ander onbenullighede uit dat ek dit met ‘n smile betaal! Een take-away minder en ek het my toegangsfooi! 🙂 Kan nie wag nie!!

  • Jacques

    ek persoonlik sal nooit weer na kamersvolgeskenke in Pretoria gaan nie – verlede jaar was die grootste teleurstelling – en ja nooit was dit geadverteer as ‘n "kleiner" weergawe van die Kaapstad ene nie – en ja toe ek kla oor die dit wat aangebied was het ek nou vir jou ‘n mondvol gekry van die organiseerders – hierdie jaar vlieg ek eerder Kaap toe om te kyk hoe dit regtig gedoen word….

  • Susannah Gibson

    Stem saam met jou Ina. Daar is wel oulike goed maar ek vind dit buitengewoon duur. Tans woon ek in die buiteland en vind die markte hier vanaf besonder goedkoop tot uitermatig duur – dus sakpas vir elke persoon. Wens ek kan van die goedere aankoop en terugbring na SA.

  • Monique Terblanche

    Ek was by " Kamers " op Lourensford en dit was wonderlik . Ek het ‘n kledingstuk daar gekoop wat hulle vir my sou aanstuur omdat hulle nie my maat gehad het nie . Ek het nie die mense se telefoonnommers gevat nie en wil hulle graag kontak. Kan u dalk vir my hulle nommer laat kry .
    Dit was Catharina Clothing en die kledingstuk was van " The Mark of B ".
    ek sal dit opreg waardeer. Monique

  • WillaStokes

    It’s perfect that people can take the credit loans and it opens new opportunities.

  • SHERMAN21KIMBERLEY

    The credit loans suppose to be important for people, which are willing to start their own organization. In fact, it is easy to receive a term loan.

  • FRANCIS19NAVARRO

    Every one acknowledges that humen’s life is not very cheap, however some people require money for different issues and not every person earns enough money. So to get fast mortgage loans and secured loan would be a proper way out.

  • Desiree van Biljoen

    Wonder wat sal julle se as jul hoor dat die Wonderpark Gemeente in Amandasig, Pretoria ‘n R5 toegangfooi vra om sy wonderliggie fees by te woon? Ek dink dit is nou eers belaglik. Dit is ook maar net ‘n mark met klomp uitstallers wat vrek duur is. Anti-liggiefees van Wonderpark gemeente

  • Jaco

    Ek is opsoek na mense om uit te stal by n Nagmark in Walkerville. Suid van Johannesburg. Enige belangstellers kan my kontak by info@gateaudemariage.co.za. Groete

  • Ria Pretorius

    Ek wil graag kamersvol geskenke besoek, kan ek toegangskaartjie by die deure koop?