FOTO: Facebook Fundraiser for Ethan Van Leuven

Hieroor praat mense

Kersfees in Oktober vir 4-jarige se Kerswens

’n Hele Amerikaanse dorp het saamgespan om Kersfees vanjaar vroeër te hou. Die rede? Sodat die 4-jarige Ethan van Leuven ’n laaste Kersfees kan hê.

Dit is nog nie eers November nie, maar oral in die dorp West Jordan, Utah is daar Kersfees-liggies en -versierings. En dit is alles net om een spesiale seuntjie wat leukemie het, ’n laaste Kersfees te gee.

Ethan se pa, Merril, vertel aan op die TV-program TODAY Friday:

“Basies het die dokters gesê dat Ethan slegs ’n paar dae tot ’n paar weke oor het om te lewe. Ons het gedink ons wil die meeste maak van die tyd wat hy wel nog saam met ons is.”

Dit is nie net sy gesin wat Kersfees saam met Ethan vroeër gevier het nie, maar sommer die hele dorp. “Ons weet dat dit vir hulle ’n moeilike tyd is en ons wil daar vir hulle wees”, het een van die Van Leuven-gesin se bure aan die BuzzFeed gesê.

Die dorp het aan verskillende Kersfees-aktiwiteite deelgeneem, soos saam liedjies gesing en selfs ’n opvoering gehou.

Foto’s van Ethan se laaste ‘Kersdag’

Bron: BuzzFeed, TODAY Health

Lees ook