FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Gesondheidstories

Vrou verloor 52 kg vir haar 30ste verjaarsdag – só het sy dit gedoen

Die Amerikaner Lacey Bertram was op haar swaarste 129kg – nog voordat sy 30 jaar oud geword het. Boonop het sy ’n graad in beweegkunde gehad en geweet sy moet gewig verloor en hóé sy moet oefen om gewig te verloor, maar die motivering was net nie daar nie …

“Dis maklik om oorgewig te bly,” skryf Lacey op Huffington Post. “Dis maklik om te eet net wat jy wil.”

As 28-jarige het Lacey tekens van pre-diabetes getoon en haar cholesterol was hoog. Sy het besluit dít kan nie meer nie. Sy het vir haar huisdokter gesê hy gaan haar nooit weer só sien nie. Sy het binne ’n maand 13 kg verloor.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Sy het ’n dieet begin volg en by die gimnasium aangesluit – met ’n persoonlike instrukteur om haar aan te moedig. “Dit was moeilik vir my, omdat ek die kennis gehad het, maar luiheid was my probleem.”

Ná sy 22 kg verloor het, het sy begin draf, of soos sy dit noem, “vinnig gestap”. Sy het besluit sy wil 5km draf – al kon sy op daardie stadium nie vir 30 sekondes aaneen draf nie. Sy het dié doel behaal en aan verskeie 5km-wedlope deelgeneem. Sy het ook aan hindernis-wedlope begin deelneem.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Op haar 30ste verjaarsdag was sy 52 kg ligter. Sy het haar hare en grimering laat doen en vir haarself ’n helder rooi rok gekoop.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

“Om 115 pond (52 kg) te verloor beteken dat ek die lewe kan leef en kan geniet, eerder as om net te bestaan.”

Bron: Huffington Post

Lees ook

  • Hilda Ferreira

    Fantasties! Baie geluk! :-)