FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Vroue in syfers

Vandag is Nasionale Vrouedag. En ons vier elke vrou in ons land. Selfs in 2016 is daar talle kwessies wat vroue steeds in die gesig staar. Van gelyke betaling tot huishoudelike geweld. Ons fokus op vroue in syfers.

Vroue in die wêreld

– In 2015 was 49,5 % van die wêreld se bevolking vroue.

– In Suid-Afrika was daar verlede jaar 1,95 miljoen vroue met ’n baba onder die ouderdom van twee jaar. 68% van dié vroue was enkelouers.

– Die afgelope naweek het vier vroue ’n stille protes gelewer tydens president Jacob Zuma se toespraak by die OVK-sentrum . Hulle het weer die aandag gevestig op ’n vrou, Khwezi, wat die president 10 jaar gelede van verkragting aangekla het. Hy is onskuldig bevind. Lees die volledige storie hier.

Vroue in die vermaakbedryf

– In die 87 jaar jange geskiedenis van die Oscar-toekennings is daar net vier vroue vir beste regisseur benoem – Lina Wertmüller vir Seven Beauties (1977), Jane Campion vir The Piano (1993), Sofia Coppola vir Lost in Translation (2003) en Kathryn Bigelow vir Hurt Locker (2009).

– Slegs een vrou het al die Oscar vir beste regie gewen, en dit was Kathryn vir Hurt Locker (2009). Dié fliek het ook die Oscar vir beste rolprent gewen.

– Sedert 1959 het net 14 vroue die Grammy-toekenning vir album van die jaar gewen.

Vroue in sport

– Die moderne Olimpiese Spele het in 1896 begin. Vroue kon eers in 1900 begin deelneem, maar net in twee items, naamlik gholf en tennis.

– 100 jaar ná boks deel van die Olimpiese Spele geword het, kon vroue  vir die eerste keer in 2012 by die Spele in Londen deelneem. Die Britse bokser Nicola Adams was die eerste vrou wat ’n goud vir dié item ontvang.

– Vroue is eers in 2000 toegelaat om aan die Olimpiese Spele se gewigoptel deel te neem.

Vroue in politiek

– In 1974 het Isabel Perón van Argentinië die wêreld se eerste vrouepresident geword.

–  Nog net twee vroue was die premier van Brittanje. Die eerste was Margaret Thatcher (1979 tot 1990) en die tweede is die onlangs verkose Theresa May.

Vroue in die sakewêreld

– Van Fortune se lys van top-500 ondernemings het net 21 ’n vrou as uitvoerende beampte.

– Volgens die World Economic Forum se indeks vir gelyke betaling beklee Suid-Afrika die 17de plek op die wêreld se ranglys van gelyke vergoeding vir mans en vroue. Ysland is nommer een op dié lys, met die minste onderskeid in salarisse op grond van gender.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash