sarie_july2011_cover
Hieroor praat mense

Vryfees – Kom kuier saam in Bloem

Kom baljaar in die feestelikheid

SARIE SE WINKEL
Koop SARIE AUGUSTUS @R25

Jy kan die AUGUSTUS-uitgawe van SARIE voor die tyd by ons stalletjie kom koop @ net R25. Boonop kry jy ’n GRATIS FEESSAK vol pasellas en ’n gratis koppie koffie by die SARIE-koffiewinkel.
TEKEN IN
Teken in op SARIE @30% afslag

Jy betaal slegs R270 vir 12 UITGAWES van SARIE – dis R90 minder as die gewone intekenprys. Daarby kan jy kies uit een van ons GRATIS GESKENKE by ons stalletjie én jy kry ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

Teken in op 6 SARIE KOS-uitgawes (2NUWES) @R172
Jy spaar R60 én jy kry ’n bottel Leopard’s Leap-wyn plus ’n SARIE KOS-inkopiesak as geskenk.

Teken in op SARIE + SARIE KOS (spaar R150)
Teken in vir 18 UITGAWES (12 SARIE- en 4 SARIE KOS-uitgawes)@R442. Kies dan uit een van die gratis geskenke by ons stalletjie. Plus: Jy kry ’n bottel Leopard’s Leap-wyn, asook ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

En ’n nuutjie vanjaar – jy kan ook die span van sarie.com by die fees ontmoet. Jy kan alles leer oor SARIE en die jongste tegnologie, soos digitale SARIE, SARIE Widget, sarie.com se agter-die-skerms-video’s en vele meer. Volg ons ook op Twitter en Facebook.

Lucas Maree

EEN UIT ‘N MILJOEN – VIR LUCAS MAREE

Dié konsert word op 12 en 13 Julie in die Sand du Plessis-teater aangebied. Agttien sangers en musikante gaan die teater vul met Lucas se musiek en die liedjies wat hom een van ons land se gewildste Afrikaanse sangers en liedjieskrywers gemaak het. Die konsert gaan vuurwarm wees – ’n viering van Lucas se lewe en musiek. Gautengers kry op 10 Julie ’n voorsmaak van dié konsert in die Atterbury-teater in Pretoria. Vertonings om 15h00 en 18h30.

Lucas se wens dat Bloemfonteiners by die produksie betrokke moet wees, gaan nou verwesenlik word. Die opbrengs van die konserte gaan na die Maree-familie.

 


Johan Badenhorst 

ABSA-kos-en-wyn-konsert 2011

Proe die beste uit Afrika. Bring jou passie vir wyn saam en geniet Beyers Truter (Beyerskloof), wat wêreldwyd bekend staan as die Pinotage-koning met sy passie vir rooiwyn, se vermaaklike aanbieding saam met André Mostert (Mostersdrift), entrepreneur van Stellenbosch, wat gaste sal vermaak met interessante vertellings oor wyn en wynmaak. Johan Badenhorst van Voetspore-faam, wat die gehoor op ’n kosproe-avontuur gaan neem, en die bekende en veelsydige Koos Kombuis is ook deel van die konsertspan. Die kaartjie sluit ’n wynproe en ligte verversings in.

Verwag ’n onvergeetlike ervaring!

Plek: Eeufeessaal, Universiteit van die Vrystaat
Datum:
13, 14, 15 Julie
Tyd:
12:00 –14:00
Kaartjies:
R100 (Kaartjiehouers kry gratis toegang tot die ABSA-wynsaal)
Aanbieders:
Beyers Truter, André Mostert en Johan Badenhorst
Kunstenaar:
Koos Kombuis

Alle besprekings by COMPUTICKET by 083 915 8000 of www.computicket.com

Revlon Top Speed-naellak Kom maak ’n draai by REVLON se Hollywood-toonbank in die SARIE-stalletjie en laat verf jou naels. Koop ook jou SARIE by die fees om ’n inskrywingsvorm te kry en jy kan een van 5 gelukkige SARIE-lesers wees wat elk ’n REVLON-geskenkpak van R2 000 wen. Teken jy in op SARIE, kry jy ook ’n gratis REVLON-produk.
  • vvddat

    HHf43q nugqxfllcbzh, [url=http://lemnoleymozd.com/]lemnoleymozd[/url], [link=http://dfgogrmxjsdf.com/]dfgogrmxjsdf[/link], http://xzisuuzcfowi.com/

  • Melinda Marx

    Amor gee my ‘n pyn! Nou is sy kammig spyt sy het gepraat. soek weer sensasie.