FOTO Unsplashed

FOTO Unsplashed

Hieroor praat mense

5 goed wat skool jou nooit geleer het nie

Op skool leer jy baie goed. Jy leer van algebra, die Engelse tenses en chemiese formules soos H2O. Tog is daar baie goed wat skool jou nié geleer het nie, soos wenke vir die lewe en fassinerende feite!

SARIE.com deel 5 dinge wat skool jou nie geleer het nie. Maar eers: dís hoe ’n hond water drink!

5 goed wat skool jou nie geleer het nie

1. Hóé jy ’n verhouding reg beëindig

Deesdae is die nuwe gier om die verhouding soos ’n spook te beëindig. Die term “ghosting” beteken dat iemand eenvoudig verdwyn, alle kontak verbreek en geen rede gee vir dié besluit nie. Die Oscar-wenner Charlize Theron het dit glo met Sean Penn gedoen – en hy was gebreek. Maar later het Charlize die “ghosting” ontken, berig Vanity Fair.

Hier is vyf wenke om ’n verhouding op die regte manier te beëindig. Klik hier.

mood verhouding pixabay

FOTO Pixabay

2.  Só hou jy kop as die geldsake knyp

Jy bly net nie by nie. Kospryse skiet die hoogte in, petrolpryse en kragtariewe klim, rentekoerse begin styg, die rand se waarde tuimel. En jy sien hoe een vir een van jou drome verkrummel as gevolg van een ding: Jou geldsake.

Gebruik dié vyf wenke om kop te hou as dit knyp. Klik hier.

FOTO: Pixabay

FOTO: Pixabay

3. 5 gevolge van ’n slegte postuur

Jy vergeet soms om regop te staan, jou maag in te trek, jou skouers terug te stoot en jou kop te lig, maar swak postuur het talle ander gevolge waarvan jy dalk nie weet nie …

Van die gevolge kan kaak-probleme en lusteloosheid insluit – klik hier vir meer.

FOTO Instagram / @balletbeautiful

4. Dís wat alkohol aan jou vel doen!

Die meeste van ons weet dat alkohol nié die sleutel tot ’n mooi gesonde vel is nie. Maar ons besef ook nie altyd hoe skadelik daai heerlike pienk mengeldrankie werklik vir jou vel kan wees nie.

Daar is veral 3 goed wat met vel gebeur as jy alkohol drink – lees meer hier.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

5. ’n Uitrusting kán jou die verhoging gee wat jy verdien!

’n Studie deur die Universiteit van Chicago het bevind dat werknemers met ’n netjiese voorkoms meer betaal word. Jy kan tot 20% meer verdien as jy moeite met jou voorkoms doen! Meer as 14 000 individue het aan die studie deelgeneem, berig The Washington Post.

Selfvertroue en voorkoms loop immers hand aan hand. As jy goed voel, werk jy beter en het jy beter menseverhoudinge. Lees meer hier.

FOTO Instagram : Emmawatson

FOTO Instagram / @emmawatson

Lees nou

Katy Perry kon nie ophou huil nie

Jou somergids vir jou hare!

ADHD in ’n neutedop