FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Hieroor praat mense

Waar of vals: Kate is die Baftas belet

Sedert einde Januarie was daar gerugte dat die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, nie vanaand se Baftas mag bywoon nie. Die rede? Verskeie Britse nuusblaaie het berig daar was glo kommer dat Kate se teenwoordigheid by die Baftas die aandag gaan aftrek van die sogenaamde A-lys-celebs. 

Die gerugte is egter vals. Kate sal vanaand saam met prins William dié geleentheid bywoon. Die hertog van Cambridge is sedert 2010 die president van die Baftas.

 

’n Bafta-woordvoerder het dit ook bevestig en die gerugte as “absolute nonsens” afgemaak.

Die glansgeleentheid vind vanaand by die Royal Albert Hall in Londen plaas.

Bron: Harpers Bazaar

Lees nou

Kate Middleton 35 jaar, 35 beste uitrustings

Die Oscar-benoemings is uit!

Dié haarstyl oorheers op die rooi tapyt