FOTO SAWDN

FOTO SAWDN

Hieroor praat mense

Walvis sê dankie ná mense hom red

Sy ma het hom mooi geleer! Die jong walvis wat Sondag gered is, het op ’n baie spesiale manier dankie gesê vir sy mense-redders.

Die SAWDN (Suid-Afrikaanse walvis-ontstrengelingsnetwerk) het naby Valsbaai vir sowat 9 ure gespook om toue en boeie wat die walvis verstrengel het, los te maak.

Om dankie te sê het die walvis sy kop saggies op die kant van die boot gesit en vir 20 minute só gelê en na sy helde geloer.

Die nuusnetwerk eNCA het ’n eksklusiewe video van dié reddingspoging gekry. Kyk na dié video HIER.

Lees meer op die NSRI se webtuiste.

Lees nou

Dís hoekom gaap so aansteeklik is!

Koffieverslaafde? Dis dalk in jou gene!

Álle aktrises is nie maer nie’ – Pulane