Marilyn Monroe Cover
Hieroor praat mense

Was Marilyn regtig ’n nommer 12?

Wie kan haar vergeet? Die blonde legende wat met ’n wit rok oor die lugtonnel van ’n moltreinstasie gestaan het. En toe haar rok opwaai, laggend gevra het: “Isn’t it delicious?” Op 1 Junie is dit die Hollywood-ikoon Marilyn Monroe se 90ste verjaarsdag. En 54 jaar ná haar geheimsinnige dood bekoor sy ons steeds!

Oor die jare is talle van haar besittings dikwels vir miljoene opgeveil. As dit nie persoonlike besittings was nie, soos ’n lipstiffie of ’n kam, was dit kostuums wat sy in ikoniese rolprente gedra het. Later vanjaar, in November, gaan die grootste veiling nog plaasvind. Die Amerikaner David Gainsborough Roberts besit talle kostuums, waaronder die swart-en-naak rok uit Some Like It Hot (1959) en die bekende rooi rok uit Gentlemen Prefer Blondes (1953). Sy Marilyn-besittings is altesaam $3 miljoen (sowat R48 miljoen) werd en al die items in die versameling sal deur Julien’s Auctions opgeveil word, berig Daily Mail.

Intussen word daar ter viering van haar 90ste verjaarsdag ’n internasionale uitstalling in Engeland gehou van meer as 800 Marilyn-besittings, wat juwele, klere en persoonlike briewe insluit! Dié uitstalling begin volgende week by Londen se Design Centre, Chelsea Harbour.

Was Marilyn regtig ’n nommer 12?

Sy word dikwels beskryf as die seksgodin met kurwes en groot borste. Hoewel sy ’n uurglas-figuur gehad het, was haar middel klein. En in werklikheid was Marilyn nie ’n nommer 12 (oftewel 36) nie, maar eintlik ’n nommer 8 (oftewel 32).

Bronne: Daily Mail, Today I found Out, Mental Floss, Vogue, New York Magazine, People

Lees nou

Celebs se vreemde diëte

Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin

Kendall Jenner steel kollig by Cannes